Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Skriflesing: Maleagi 1 en 2
Teks: “Waar is die eer wat My toekom?; waar is die eerbied (OV: vrees/ontsag/ respek) vir My dan?....; Dit is wat Ek, die Here, die almagtige (Here van die Leërskare) vir julle vra , priesters, julle wat My met minagting behandel (OV: My Naam verag)” - 1 vers 6;
“Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit sodat julle nie My altaar tevergeefs aan die brand hou nie …”- 1 vers 10.
“’Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe’, sê die Here, die Almagtige (OV: Here van die Leërskare) - 3 vers 7.
Geliefde gemeente, in ons gemeentebediening vanjaar, is ons jaartema: “Omdat ons aan die Here behoort …”. In die gemeente wil ons mekaar vanjaar rondom hierdie diep gedagte geestelik opbou: “Omdat ons aan die Here behoort …”.
Die die maandtema vir die maand Februarie is die tema: “Eerbied, ontsag vir God”.
En vanoggend sluit die boodskap van die Woordverkondiging hierby aan – soos in ons tekste saamgetrek: “Waar is die eer wat my toekom?; waar is die eerbied vir My dan?...;
was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit …”
3: 7: “Bekeer julle tot My dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here, die Almagtige
(OV: Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer, sê die Here van die Leerskare).
Die naam “Maleagi” beteken: “my boodskapper”. Die profeet Maleagi word deur God geroep en gestuur om ‘n boodskap aan Sy volk te bring. Ongeveer 450 vC. Die volk is terug uit ballingskap, Jerusalem is herbou en die tempel is gerestoureer. Die tempeldiens word voortgesit met priesters wat die volk se offers op die altare vir God as offers bring.
Twee merkwaardige dinge m.b.t die boodskap wat Maleagi as mondstuk van God aan die volk moes bring, is (1) die feit dat Maleagi se booskap begin met ‘n liefdesverklaring van God aan die volk en ‘n verwysing na God se verkiesing van die volk as Sy uitverkore volk, Sy verbondsvolk (“Ek het julle lief, sê die Here; ek het vir Jakob liefgehad en vir Easau gehaat); en (2) dat Maleagi in Sy boodskap nie minder nie as 24 keer God by die Naam “die Here van die Leerskare; die Here, die Almagtige” noem. .:- met die betekenis dat God groot is – groot in terme van verhewedheid en aanbiddingswaardigheid (heiligheid).
Tipies ou testamentiese profeet was die boodskap wat die Maleagi vanaf God aan God se volk moes bring, ‘n bekeringsboodskap. Die volk word tot bekering opgeroep. Terug geroep na die Here toe. In die Ou Testamentiese woord “bekering” as ‘n “terugkeer na God toe”, lê die gedagte van die volk van God wat van God af weggeraak het, weggedwaal het …
Tipies ou testamentiese profeet gaan Maleagi se oproep tot bekering aan die volk, gepaard met ‘n aanklag van God teen Sy volk.
By monde van Maleagi lê God hierdie aanklag teen Sy volk – die aanklag dat die volk nie meer vir God eerbied (d.i respek, ontsag ) het nie.
Ja, die volk word deur God aangekla dat Hy nie meer groot is in hulle lewe nie; nie meer die gewig in hulle gewig dra wat Hy behoort te dra. (In die ou testament het die woord eerbied letterlik die betekenis van “om swaar te weeg; om gewig te dra” ( vgl die gebod in die Tien Gebooie: “Eer jou vader en jou moeder”- letterlik: laat jou vader en jou moeder swaar weeg/ gewig dra in jou lewe”).
Die volk word deur God aangekla dat hulle in plaas daarvan om eerbied vir God te hê, die volk vir God minag. Hulle minag vir God (“despise God”) en verneder en verkleineer en beledig vir God.
Vra: Met watter watter maatstaf meet God, watter maatstaf lê God aan om tot so ‘n gevolgtrekking en dus tot so ‘n aanklag te kom?
Die profeet antwoord: die maatstaf waarmee God meet is die soort offers, die kwaliteit van die offers wat die volk vir God bring om deur die priesters aan God geoffer te word op die tempel se altare.
Die rooiletterwoorde van die profeet Maleagi staan in 1 vers 12 vv: “’Julle doen My Naam oneer aan’, sê die Here die Almagtige. ‘Julle dink die altare van die Here kan maar ontwy word en die offers daarop met minagting behandel word. … Julle bring gesteelde, lam, siek diere, julle bring dit as offers. Moet Ek daarmee ingenome wees? Daar rus ‘n vloek op elke skelm (Engels: “cheat”) wat ‘n bul of ‘n ram in sy kudde het en ‘n gelofte doen en dan ‘n verminkte ding aan die Here offer! …”
Ja, die soort offer wat die volk vir God gebring het, die kwaliteit van die offer wat die volk vir God gebring het … : daaruit was dit vir God duidelik dat die volk se hart nie meer by Hom was nie, dat die volk se hart nie meer in hulle verhouding met Hom was nie; daaruit was dit duidelik dat ‘n bepaalde gesindheid van hart in hulle verhouding met God geheers het ….
(Met die lees van Maleagi word dit duidelik dat die volk se godsdiens in daardie tyd op net ‘n soort godsdienstige pligpleging was wat vir hulle ‘n stuk moeite was; en: dat die enigste motivering wat daar nog in hulle godsdiens was, die idee was dat ‘n mens met jou pligpleging, soos met die bring van jou offers, eintlik maar ‘n soort assuransiepolis betaal waardeur jy poog om ‘n stuk goedgesindheid van God te waarborg).
Dit is merkwaardig hoe predikers die godsdiens (Engels: “the worship”) van die volk in die tyd van die profeet Maleagi beskryf:
“The cheaters religion”;
“Cheap religion”
“Goedkoop godsdiens; godsdiens wat min kos …”;
“They were giving to God what was left and not what was right …”
“Mense wat God met hulle ‘leftovers’ dien; met hulle ‘junk’; ‘garbage’, met hulle ‘scrap’; …
“$3 of God …”
Geliefde gemeente, sou ons vanoggend die boodskap van Maleagi vir ons wou opsom, kan ons dit as volg opsom: “waar daar egte eerbied vir God is, waar daar respek en ontsag vir God is, daar word God met ons beste gedien: ons beste vir God …
Vir ons, nuwe testamentiese gelowiges, die God vir wie ons in Jesus Christus ken; die God van die Kruis.
Hoor hoe Hy vanoggend vir ons hier in die gemeente kom sê: “Ek het julle lief!” …
-Dr Bobo van Zyl.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid