Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Teks: Johannnes 12: 37-45
Ter inleiding wil ek die opmerking maak dat ons preektema vir Februarie eerbied en ontsag vir die Here is. Dit is na aanleiding hiervan dat ons dan ook vanoggend hierdie gedeelte gelees het. En veral dan ook vers 42 ”Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle verkies om liewer deur mense geeër te word as deur God” Ek wil vra dat ons vir die volgende paar minute sal nadink oor die kwessie van die eer van God en die eer van die mense … en veral dan ook wat vir ons die swaarste weeg.
In verband hiermee, lees ek weer die week wat Prof Willie Jonker al ‘n hele klompie jare gelede geskrywe het in die boek “Vreemde Gemeenskap” juis dan ook na aanleiding van ons teksgedeelte; ek wil dit graag vir julle voorlees ”Die mens bly maar ‘n kudde dier , dit is waar. Daar is wel die enkelinge , die individualiste , wat hulleself van die massa met sy vooroordele en voorkeure kan losmaak en hulle eie hoë en eensame gang kan gaan. Dit is die Kierkegaards en die Kohlbrugges en al die eensame protesteerdes teen die gees van hulle tyd , profete en digters , kunstenaars en wysgere wat die moed het of in elke geval : aan wie die dwang opgelê is om teen die stroom in te gaan. Maar die soort mens is in die minderheid. Verreweg die meeste doen en dink maar wat die meerderheid doen en dink en kies soos die populêre keuse is om te kies , bly in pas met wat die gangbare menings en clichés is”. Hulle bestaan voltrek homself binne die warmte van die groep waarin hulle aanvaar word. Hulle is van die groep afhanklik en daarop aangewese. As hulle verbondenheid aan die groep aangetas word , val die bodem uit hulle lewe weg. Dit loop letterlik op die dood uit vir meer as een, dikwels die dood aan eie hand. Dan skrywe hy verder ”n feit wat ons nou onder oë moet sien, is dat dit ook op die gebied van die godsdienstige lewe nie anders is nie”. Hoe waar dit is dat die Christendom van ons ‘n persoonlike keuse vra, bly dit tog die geval van die meeste mense wat hulle self Christene noem , ver benede die hoë vlak. Dit is geweldig. Iets waaroor ons moet dink. Dat die meeste van ons doen soos die meerderheid voel, omdat ons afhanklik is van die vertroue en die aanvaarding van ander. Watter geweldige implikasie het dit nie vir ons getuienis as Christen nie. In aansluiting by ons tema dat terwyl die eer van die Here die swaarste moet weeg , ons dit nie ten volle kan uitleef nie, want die eer van mense, dit wil sê die erkenning van mense weeg eintlik vir ons swaarder. In die lig van die wedersydse vertroue, die aanvaarding…….
In die gedeelte wat ons saamgelees het, het ons juis ‘n merkwaardige illustrasie daarvan. Die Bybel vertel dat daar mense was wat in Jesus geglo het, dit was nogal lede van die Joodse Raad, maar dat hulle uit vrees vir die Fariseërs dit nie openlik bely het nie, en dan staan daar “sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie” ’n Mens moet dit kan verstaan om uit die sinagoge geban te word destyds was iets verskrikliks. Dit sou daarop neerkom , dat jy dan beskou sou word as ‘n volksvreemde element. Jy was dan uitgesluit uit die wedersydse vertroue van die Joodse kring. Die kring van aanvaarding en onderlinge sorg. Jy was dan op jou eie, afgesny en verwerp in die volle sin van die woord. Iets verskrikliks. Dit is natuurlik ook ondenkbaar dat enigiemand so iets sou wou oorkom. So onverstandig kan geen mens tog wees nie. Dit is vernietigend; dit is ‘n doodloopstaat in alle opsigte. Juis daarom kon hulle nie openlik bely dat hulle in Jesus glo nie. Maar juis dit sou illustreer hoe sterk hierdie vertrouensstruktuur was. Niks kon as ‘n ware daar tussen in kom nie. Dink maar net aan die geweldige botsing van Jesus self met hierdie struktuur. Dink aan hoe sleg mense tweede gekom het wat ook later openlik sou bely dat hulle in Jesus glo. Verwerp en uitgesluit. Geweldig sterk is hierdie erkenning en gepaardgaande vertroue. Net uit hierdie voorbeeld besef ‘n mens dit. Maar die punt is nou , sou ‘n mens daaraan toegee , soos hulle toegegee het, ten koste dan van hulle getuienis as Christene, dan kom dit daarop neer dat hulle verkies het om eerder deur mense geeër te word as deur God. Die Bybel noem dit kapitulasie voor die liefde vir die eer van die mense. Want dit is om die eer van die mense hoër te ag as die eer van God. Van hierdie spanning tussen die liefde vir die die eer van mense en die liefde vir die eer van God, lees ons ook op ander plekke in die Bybel. Daar sien jy ook dan dat geloof in die Here daarop neerkom; dat jou liefde vir die eer van die Here belangriker sal wees as die eer van mense. En dat jy eintlik nie kan glo as die eer van mense so belangrik is nie. In Joh 5:44 lees ons dat Jesus aan die Jode gesê het ”Hoe kan julle glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?” Hy wou sê hulle kan nie glo nie, omdat die eer van mense nog belangriker is.
En waarop kom dit neer ?........ Egte geloof is ‘n keuse tussen die Here en jouself. Solank ‘n mens eerder deur mense geag wil word en deur mense aanvaar wil word ten alle koste, leef jy eintlik nog uit die beginsel van die liefde vir jouself wat staan teenoor die liefde vir die Here. En nou sien ons juis in die Bybel dat geloof in die Here beteken selfverloening, selfkruisiging. Geen wonder dat Jesus volgens Lukas 14 die volgende gesê het nie ”As iemand na My toe kom, kan hy nie My dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie”.
Daarom moet ons ook vir die Here vra om ons genadig te wees, ook vandag. Hoe graag ons ook erkenning wil geniet deur mense, wil ons ten alle koste nie verwerp word nie. Ons wil ten alle koste aanvaar word. En bestaan hierdie vertroue wat ons ten alle koste wil geniet nie maar ook nie by ons nie op die verskillende terreine van ons lewe. Tussen ons as families , as vriende , tussen kollegas , in die politiek , noem maar op. Dit bly altyd merkwaardig dat Christus eintlik op die ou einde om politieke rede gekruisig is. As ons byvoorbeeld die verhaal lees van die verhoor van Jesus voor Pilatus, dan blyk dit dat die Joodse raad uiteindelik vir Pilatus met ‘n poltitieke argument oorreed het om Jesus te laat kruisig. Hoor weer die woorde van Joh 19:12 ”As u Hom loslaat , is u nie die keiser se vriend nie”. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser. Dit was deurslaggewend. En hoe sou dit nie maar ook deur die jare gebeur dat hierdie kollektiewe belang meer deurslaggewend sou wees as die eer van die Here nie. Wat sou maak dat mense maar sou stilbly, eerder as om te praat. En as mense dit wel gedoen het in die openbaar , dat hulle daaroor vergruis is. Hoe moeilik maak hierdie liefde vir die eer van mense dit nie sommer as dit op ‘n persoonlike vlak kom nie. Hoe moeilik is dit daarom nie ook vir ons om byvoorbeeld vir mekaar te sê as die Here dit op ons hart gedruk het nie. Hoe baie kere het ons dit dalk nie ookal uitgestel om met iemand te gaan praat, maar ons is juis bang dat dit verkeerd verstaan sal word en dat die vertroue geskend sal word nie. Dat daar nie meer aanvaarding sal wees nie.
Daarom kan ons maar net tot die Here nader en vra om Sy genade.
-Ds Dirk van Dyk
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid