Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Johannes 12: 1-8
Dis lydenstyd. Mens sal dink dat dit nie juis die tyd is om besig te wees met oordaad nie. Tog is hierdie teks ingedeel vir die tyd van die jaar. ‘n Verhaal vol absolute spontane oordadigheid. (Engels-Lavishness). Dit gebeur ook net nadat daar finaal besluit is om paastyd Jesus dood te maak.
Maar die konteks van die oordaad is ‘n stuk insig, ‘n reg sien en verstaan. Die evangelies is vol verhale van mense wat insig het en raaksien wie Jesus werklik is en die wat dit miskyk. Hulle verhale word weer gebruik deur latere generasies om elke generasie Jesus te laat raaksien en eer vir wie Hy is.
Johannes 12 is dan ook teks vir die 6de Sondag in lydenstyd. Jesus was weer in Betanie, by sy vriende Marta, Maria en Lasarus. (Ons het 2 Sondae terug by die vorige hoofstuk stilgestaan).
Ander evangelies ook verhale waar ‘n vrou Jesus se voete salf. Ons fokus op die een in Johannes en kleur dit ‘n bietjie in vanuit ons kennis van die familie in Lukas 10. (Lees ook Luks 10: 38-42)
Daar het ons ook die geleentheid gehad waar Jesus daar tuiskom. Ons ontmoet die vroue Marta en Maria daar, en Jesus se interaksie met hulle. Om beide die verhale te verstaan moet mens iets verstaan van die sosiale en kulturele wêreld van daardie dag.
Die huise was opgedeel in ruimtes. Baie soos die midde ooste vandag. Ruimtes en rolle. Mans en vrouens was duidelik gedeel. Maria en Marta moes versorg en bedien, die mans word deur Jesus geleer. ‘n Gemeenskap van eer en skande. Eer van familie is baie belangriker as die individu, almal moet binne hulle ruimtes en rolle optree om die eer te beskerm.
Daarom was dit nie ‘n aanvaarbare, logiese keuse wat Maria gemaak het nie. Sy het heel paar grense van die dag oortree om te land by Jesus se voete. Marta was vasgevang in verwagtinge (self/omgewing) en Maria se keuse frustreer haar. Sy wou wees waar haar suster is, maar sy was nie spontaan/vry genoeg op daardie moment nie, nou lig sy haar frustrasie deur Jesus.(0ns doen dit ook)
Jesus, ook heel anders as ander van haar tyd, is besorg oor haar. Marta, Marta. Kyk verder, fokus op een ding,(lees die tyd), ek is nou hier en jy is welkom. Kies nou die beste, ander dag miskien ander keuse.
Ons moet iets van die spontaniteit en waagmoed van Maria verstaan om dan Johannes 12 te verstaan. Dis in die huis van een wat dood was en nou lewe, Lasarus. Alles tog anders.
Sy sien en erken hom vir wie hy is, moet sy nou stilsit en aangaan soos gewoonlik? Kan sy aangaan soos normaal as daar nou een tussen hulle sit wat dood was en weer lewe?
Maria kom in met absolute oordaad. Halfliter, nie min nie, dis baie. Met die reuk word dit ook sosiale gebeure, nie privaat eenkant gebeure, want die hele huis word gevul met reuk. Dis intiem. Sy gebruik haar hare. In ons gemakliker tyd, sou ons ook “embarrass” wees, nie weet wat te doen, uit die veld geslaan wees. Wat nog van daardie tyd??
Conversation stopper. Intiem, oordadig, amper smaakloos. Maar spontaan, vol waagmoed, weereens bo-oor die grense van die dag. Buite haar ruimte en plek. Sy is glad nie gepla oor die eer van familie en wat die bure en mense gaan dink nie.
Reaksie van Judas, een wat naby is, meet die daad. Soveel geld! (jaar se loon vir handearbeid). Skrywer ook opinie. Jesus antwoord soos in ander evangelies, dis mos nooit die een of ander nie.
Maria se daad was profeties
Sy wys heen na sy begrafnis. Net voor dit - moenie naby graf kom, dit ruik, toe oorvloed geur en nou die dood wat verwag word. Die liggaam word na dood gebalsem en gewas.
Wat antisipeer dit: Voetwas-episode, van Jesus wat buig en bedien. Daaraan deelneem, deelneem aan lyding en dood.
Ook dat hy koning is en gesalf word. Sy erken hom vir wie hy is. Formele aankondiging.
Dit antisipeer die nuwe gebod, Julle moet mekaar liefhê.
Maria modeleer wat dit beteken om dissipel te wees: dien, liefhê, deel in Jesus se dood.
Wat is geloof? Sien, vertrou, oorgee, nie altyd te verwoord, want sy sê niks.
Dit gee ook aanstoot. Can you stomach wild love? Ons is versigtig vir TE, maar hierdie TE veel moet ons laat stilstaan, want
Die Kruis self was nie ‘n understatement nie!!!!
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid