Paassondag 31-3-2013

Paassondag 31-3-2013

NG Kerk Gansbaai

Hoe haas die voet hoe gloei die bloed
Hoe hardloop hulle want dis alles waar
Hoe hardloop hulle soos hy beloof het
Hoe hardloop hulle Hom tegemoet

Liefde en trou sal mekaar ontmoet
Geregtigheid en vrede sal mekaar omhels
Trou sal uit die aarde uit opspruit
Geregtigheid sal uit die hemel uit afkom


Lees: Mark 16: 1-9
Efesiers 1: 15-23 (veral 23)


Goeie Vrydag tot Paassondag is dae waar ons besef ons woorde is te min, heeltemal ontoereikend en perspektiewe en inhoude magdom.
Ons kan net werk met stellings en beelde, wat ook deur ander uitgerafel kan word want bewyse maar min.


Paasgelowiges mense is mense met 2 eienskappe: vermoë om paradokse (dit is so en tog nie so, dood is realiteit, maar tog oorwin) te omhels en verbeelding. Maar ons is nie almal sulke mense nie, soms soek ons wit en swart, reg of weg. Miskien kan ons net bid vir geloof wat diep lê nie buite om ons rede nie, maar vervulling daarvan. Paastyd is soms verleentheid tyd, want ons preek en hoop en praat en droom teen ons sintuie in.

Ek wil twee gedagtes deel. Daar is ‘n magdom ander. Ek het twee gedagtes by 2 verskillende teoloë raakgelees, daarmee gespeel en kyk of dit saam ons kan help.

Karl Rahner praat van die kern. God werk van binne na buite. Dit wat God gedoen het op Paasoggend is nie bloot iets wat jou hart warm maak en laat goed voel nie. Dis nie bloot kosmeties nie. Dis nie die inhoud van ‘n inspirerende praatjie nie. Juis nie dit nie. Dit is nie bloot goedvoel goed nie, dit is herstel in al sy fasette. Heeltemal nuut.


Ons is mense van die aarde. Aarde en vlees is waar God werk.  En die opstanding deurdring die skepping/aarde. Opwekking is nie ‘n privaat aangeleentheid nie.  Die aard/wese van alles het nou verander. Die magte van herskepping en vervulling is nou aan die werk omrede die kruis en leë graf, die oorwinning is behaal


MAAR die oorwinning werk vanuit die kern en nie van buite na binne nie. Dit oorwin die tydelike, dood en sonde in die kern. Jesus het nie begin om die wêreld heel te maak, red en transformeer  op kosmetiese bolangse appearances nie, maar in die kern. (Root/wortel/fundament)


Dis paradoks, omdat ons omring is met sonde, skuld en dood dink ons dit is nog nie oorwin by die fontein, by die wortel nie, maar dit is. Ons sien nie dat die liefde dood en bose oorwin is nie, dink dis die realiteit wat ons sien. Geloof wil nie dat ons uit daardie illusie leef nie.


Sonde, dood, bose in wortel/core/kern is oorwin. Daarom die oorwinning, die ook die hart van momente van genade, hoop, liefde, bekering, heiligmaking wat ons tog sien as ons oë en ore deur genade oopmaak. Ons wag dat lewegewende water sal oorloop en ons dit kan sien, die wag is  nie vergeefs nie. G’n wonder water is so BELANGRIK in die Bybel nie, dis lewe. Die plek waar dit gebeur is in die vlees, wat Jesus aangeneem het. In die wêreld, want ons is  van die aarde.


Die bron, die kern in dialoog met van Ruler. Van Ruler praat van ‘n “wêreldraadsel”. Wat doen jy met raaisel.? (Riddle/enigma.) Jy ontrafel dit. Laat my dink aan gestrengelheid, kraaines, tou wat verdraai is. Jy soek die punt. Jy rafel dit uit tot by die begin want dan het jy weer ‘n heel tou.
Ons leef in die onbeslissende. Ons voel die ongemak, vrees van die leë graf wat ons uitnooi tot moontlikhede wat ons beangs maak van vreemdheid. Hierdie paradoks bly onbevredigend: Oorwinning en lyding.

van Ruler skryf: Op die einde sal Christus die koninkryk teruggee en dan sal God alles in almal wees. As al die vyande onderwerp is/oorwin deur liefde? Dan is die “wêreldraadsel” opgelos. Die raaisel, die verstrengeldheid, dan het ons by die kern gekom en die kern het oorgespoel na ons. Omdat dan het (Van Ruler praat) “de grote dissonant van die vyandskap van die mens en die genade van God opgelos in die harmonie van die heerlikheid van God oor alle vlees.”

Ons kan kyk na twee beelde. Een werk van die wortel na buite, oorspoelend, ander van buite ontrafelend. Dit kom uit by vervulling van God.
Dan kan ons mos nie ook te midde van ongeduld/ongeloof vrede maak met gemors wat ons soms voel ons mee sit nie. Ons moet help ontrafel, Waar? In die kerk? Dit hoor in ‘n tyd wat kerk nie tel nie en bietjie belaglik en oudmodies is.


Efesiers: Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Waar gebeur die oorvloei uit die kern, die ontrafeling en die begin sien, die hoop en die gesondmaak. God kies die kerk.


Vandag juis WHY? Ons kan aan baie redes dink hoekom nie. Dit voel soms die kerk is juis plek wat bron verstop. Die misterie verwerp.


Opstanding is juis die dag van herinner aan gemeenskap van gelowiges. Die wat nog lewe en wat reeds dood is. Geloofsgetuies. Ons moet weer mooi kyk na die kerk en erediens, as plek van openbaring en herinnering. Evdokimov skryf dat skoonheid is daar, (beauty arises), op manier wat verlossing gebeur en besig is om uit te speel in wêreld en die manier waarop die verloste gemeenskap liturgies en met rondom die sakrament bymekaarkom. 

Robert Wilken vertel dat tydens sy besoeke aan ‘n terminaal siek vrou sy altyd Genesis 1 wou hoor. Hy het later besef waarom. Sy het besef “the end was given in the beginning” en dit was goed.

n  Gebed vir kerk te midde van opstanding: (Sheila Cussons)

Hierdie gefragmenteerde syn, wat reik na heelheid
in sy genade, deur sy genade byeengehou,
weerstrewige selle van sy kollektiewe liggaam
ten spyt- O Liefde, Allene, dreun ons saam
in u substans in, in ‘n weer eens kosmiese koor!

Gebed:
Here ons God
Vroeg in die oggend
Toe die wêreld nog jonk was
Het u geboorte gegee aan alles wat goed is

Vroeg in die oggend
Toe almal nog slaap en niemand dit verwag
Word u een van ons. ‘n kind wat huil in ‘n krip

Vroeg in die oggend
Omring deur leiers, politiek en religiues
Omring deur massas en stil bang dissipels
Word u misken as God, as goed, juis as goed

Vroeg in die oggend
Met olie in die hand
Ontdek die bange vroue God is getrou
Ook aan die wat spot en haat

Vanoggend wil ons saamvier
Lewe, getrouheid, hoop
Rafel ons uit tot in ons kern
En herskep ons tot ware mense, skepsels van u
Ingeweef in u groter skepping
Alles in almal

Paassondag 31-3-2013

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai
Versoening

Versoening

Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid

NG Kerk Gansbaai
Nagmaal - naasteliefde

Nagmaal - naasteliefde

Die boodskap van die kruis is dwaasheid. 

NG Kerk Gansbaai