Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Skriflesing: Markus 8: 27 tot 38
Teks: Markus 8 verse 36 en 37
(OV: Wat baat dit ‘n mens dat hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?”).
Gemeente,
Die afgelope week vang my oog die sepie ‘Binnelanders” op die TV. ‘n Snit uit die storie: ‘n sekere Mnr Myburgh is in gesprek met Dr Franz Basson, die neurochrirug by Binnelandkliniek. Mnr Myburgh is ‘n ryk man, uit die korporatiewe wereld, ‘n man met groot besigheid en baie geld. Mnr Myburgh verneem by Dr Basson dat die kanker waarvoor hy drie jaar gelede behandeling - chrirgie, radioterapie en chermoterapie - gekry het, weer terug gekeer het – en dat die prognose nie goed is nie … Mnr Myburgh het hoogstens ses maande oor om te lewe.
Hulle kan nog ‘n keer probeer, sê Dr Basson … Myburgh se lewe nog so ‘n bietjie rek …
Bietjie tyd koop. Maar, dan Myburgh wat uiteindelik besluit dat hy nie vir nog so ‘n sessie kankerbehandeling kans sien nie …
“Nou, ja”, sê Myburgh as hy Dr Basson se hand vat om te groet, “dan is my tyd nou min … en dan moet ek nou gou al my gewilde plekke besoek en my gewilde disse geniet …en: dalk kan ek ook ‘n slag GOED DOEN VIR IEMAND ANDERS …”.
Hierdie laaste sin het my getref … want ek was besig met voorbereiding vir vandag se Woordverkondiging. Ek was besig met ons teks: “Wat baat dit ‘n mens …?” (Jesus se woorde)..
Die suggestie in Mnr Myburgh se woorde: dat hy tot hiertoe in sy lewe nog net vir homself goed gedoen het; dat in sy lewe tot hiertoe “iemand anders” nie ‘n plek gehad het nie; dat sy lewe tot hiertoe net een missie gehad het: ek, self en eie belang.
Ek lees met die voorbereiding iemand se getuienis – hy getuig van hoe sy lewe by ‘n draaipunt gekom het; van die bekering in sy lewe (“metanoia”: ommekeer).
Hy gee ‘n opskrif aan sy getuienis – die opskrif: “Aangename kennis, my siel”.
Hy vertel van hoe sy lewe was – tot daar waar die draaipunt gekom het: ‘n ek-gesentreerde lewe;
“ek” die spilpunt van my lewe;
“ek” op die troon van my hart;
“ek” die god van my lewe;
selfbelang/ eiebelang (“selfinterest”) die groot dryfveer/ motiveringsbeginsel in my lewe; die dien van eiebelang die hoogste goed in my lewe;
en: ander mense: net steppingstones; nuttige gereedskap; gebruiksmiddels … in diens van ek/self en eiebelang….
Hy vertel sy verhaal soortgelyk aan die verhaal uit die boek Prediker: Van die man wat net vir homself geleef het, net aan homself gedink het … en sy hele lewe spandeer het met die ywer om vir homself skatte te vergader: ‘n naam; rykdom; besittings (fame and fortune) … maar; dan teen die einde van sy lewe, gevorderd op sy lewenspad, tot hierdie insig gekom het: “dit was alles tevergeefs; alles ‘n gejaag na wind …” – ja, ek het alles, ek is welgesteld, ryk, en tog: … wat was die sin, die betekenis van my lewe? is dit dan die sin en die betekenis van die lewe …?; is dit dan al in die lewe? (hy haal ook die Prediker aan: “met niks kom ons in in die wêreld en met niks gaan ons daaruit”).
Die crux van sy getuienis: die draaipunt het gekom toe hy sy siel ontmoet! ; hy het ontdek dat hy siel het!
‘n siel met ‘n eie honger, met ‘n eie dors, met ‘n eie verlange …
“aangename kennis, my siel”
Ek het weer gedink aan die groot sendeling uit ‘n vorige eeu en sy verhaal. Hy was ‘n erfgenaam van ‘n baie ryk pa … uit die adelstand … alles gehad, geen behoefte nie … geen gebrek nie …
Op ‘n dag besoek hy ‘n kunsgallery … hy kom te staan voor skildery van Jesus Christus … van die kruisiging … Jesus aan die kruis …; en: dit was of hy vasgepen was … hy kon nie wegkom van die skildery af nie …; toe hy uiteindelik weer by die huis kom, het hy besluit om ‘n sendebeweging te begin, te finansier en te bestuur. Graaf Ludwig von Zinzendorf … sy sendinggenootskap … (gaan lees bietjie na oor hom).
von Zinzendorf het vertel: dat hy by daardie skildery gehoor het hoe ‘n stem met hom praat; hoe die Gekruisigde vir hom sê: “Dit het Ek vir jou gedoen”, en vir hom vra: “wat doen jy vir My?”.
Ek het ook weer gedink aan Dietrich Bonhoeffer, die teoloog. Bonhoeffer wat in die tyd van die Tweede Wereldoorlog geleef en gewerk het. Hy is deur die Hiltler-regime ter dood veroordeel vir sy teenstand, sy kritiek en protes teen Hitler se politiek – ‘n teenstand vanuit sy christenskap. Sy bekende werk: “Die koste van dissipelskap”. (Hy het in Duits geskryf).
“In die koste van dissipelskap” skryf Bonhoeffer vir die Christendom van sy dag. Hy spreek sy bekommernis uit dat die Christendom van sy dag van die evangelie van Jesus Christus ‘n evangelie van “goedkoop genade” gemaak het.
‘n Evangelie van “goedkoop genade” is die verworde evangelie wat God se genade aan mense uitdeel sonder dat daardie genade ‘n eis stel: die eis van geloof as gehoorsaamheid; geloof as bekering, geloof as navolging van Jesus Christus as Here, geloof as die leef van ‘n nuwe lewe waarin die voorbeeld van die lewe van Jesus nagevolg word.
Bonhoeffer: Christenwees is nie ‘n goedkoop saak nie. Daar is koste verbonde aan christenskap. Christenskap vereis dissipelskap – ‘n elke dag se lewe onder die heerskappy van Jesus Christus: lewe van selfverloening en die dra van ‘n kruis.
Maar dan skryf Bonhoeffer ook oor oor lewensvervulling/ lewensgeluk …
Hy gebruik hierdie beeld: Daar is hierdie vallei waarin daar hierdie menigte kruise lê …
‘n ontmoeting met Jesus as jou Christus, neem jou na hierdie vallei … die Gees van Christus neem jou daarheen – en daar soek Hy saam met jou na jou kruis: ‘n kruis met jou naam op en plaas Hy daardie kruis op jou skouers. …
Bonhoeffer skryf: lewensgeluk en lewensvervulling word gevind as ‘n mens jou lewe vanuit jou christelike roeping leef .
Hy skryf: daar is vir die christen ‘n “algemene roeping”, maar daar is ook vir die christen so-iets soos ‘n “persoonlike roeping”.
Die grondlyn van die roeping van die christen, skryf Bonhoeffer: dat ek my lewe vir ‘n groter belang leef; ek gee my lewe vir ‘n groter belang; ek offer my lewe vir ‘n groter belang …!
Ek het gedink aan Martin Luther.
Luther van Hervorming; Luther wat die evangelie vir die kerk/Christendom terug gegee het:
die evangelie van Jesus Christus - wat in die wêreld gekom het om sondaars te red … waarvan ek die grootste is …;
die evangelie van God wat met die hande van die gekruisigde Jesus genade aan sondaars skenk … genoeg genade – genoeg, selfs vir die grootste sondaar!;
die evangelie van die vergifnis van sonde om Christus ontwil; Christus wat met Sy offer versoening bewerk het vir al ons sonde …
maar ook Luther wat die evangelie-van-nuwe lewe, die evangelie-van-bevryding-tot-nuwe lewe vir die Christendom wou terug gee …
Luther wat ons sondigheid beskryf het as ‘n kerker/ tronk waarin ons opgesluit is …
Hierdie kerker/tronk, die kerker van ons selfgesentreerdheid; ons ingekeerdheid op “ek” en “self” en “eiebelang” … ; ons selfliefde
Die genade wat God in Christus skenk, is die krag wat ons uit hierdie kerker bevry …
“ek” wat minder word, en Christus wat meer word … “.
Slot/ sluit:
1. In die Pase praat ons oor nuwe lewe …; lewe uit die dood uit …; opstanding in ‘n nuwe lewe …
2. Die goue woorde in die Markusevangelie: Jesus: “Ek het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en my lewe te gee as losprys vir baie”
Diens – dienskneg (diakonia)
En: ons sal in ons leeftyd waarskynlik nie gevra word om ons lewe te gee nie …maar: ons word gevra om vir Jesus te volg …
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid