Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Mat 6:9 laat U Naam geheilig word
Voordat ek iets meer oor die bede “laat u naam geheilig word” sê, net die volgende opheldering oor die woorde “Naam” en” geheilig”
Naam: Vir Israel was God se naam geassosieer met God self. As jy oor Sy Naam gepraat het , het jy oor God self gepraat. Hy was sy Naam. As jy daarom sou bid dat Sy Naam geheilig word , dan sou jy vra dat Hyself geheilig sou word.
Geheilig: Die woord geheilig beteken iets soos geeër word, erken word, gesien word vir wat dit in werklikheid is. As ons dan bid laat U naam geheilig word, beteken dit om te vra dat God self geeër word, dat hy self gesien, erken en eerbiedig word vir wie Hy in werklikheid is.
Maar daarom vra ons eintlik ook dat die Here ons sal help om Hom reg te leer ken, sodat ons Sy Naam kan heilig. In hierdie verband lees ek die uiteensetting van die Heidelbergse Kategimus oor hierdie bede. Laat u naam geheilig word beteken allerleers dat ons God vra om Hom reg te ken.
Die groot hervormer Calvyn het ‘n baie mooi uitdrukking gehad . Dat ons in ons lewe tyd moet maak om die aangesig van God te bedink of te bekyk. So leer ons Hom nie net met ons kop ken nie, maar ook met die hart. Hierdie drif van Calvyn om God beter te leer ken, verstaan ‘n mens beter as jy lees wat hy oor sy eie bekering skryf. Wat met hom gebeur het , was dat die Here hom wat gedink het dat hy alles weet en dat hy God ken, in ‘n oomblik leerbaar gemaak het. In Engels stel hy dit so: He brought my mind to a teachable frame. Hy sê dat hy ineens besef het dat hy nie so baie van God weet soos wat hy gedink het nie. Maar toe hy eers eenmaal die smaak gekry het van egte Godskennis , het daar in hom ‘n vlam opgespring.
Die simbool wat Calvyn vir sy lewe gekies het , was dan ook ‘n hart wat brand. Daarmee wou hy sy intense begeerte uitdruk met wat sterker was as enigiets anders wat hy ooit begeer het, om te groei en om die Here te leer ken vir wie Hy werklik is. Want dan kan ons Hom werklik eer, erken en eerbiedig vir wie Hy in werklikheid is. Ons kan ook maar net bid dat die Here ons sal help om Hom steeds beter te leer ken. Om daarom Bybel te lees, alleen, saam met ander, sodat ons hierin kan groei, te bid dat die Here ons leerbaar sal maak. Die Heidelbergse Kategismus antwoord verder dat ons die Here daarom sal eer en prys in al Sy werke waarin Sy almag , Sy wysheid, Sy goedheid , geregtigheid , barmartigheid en waarheid so skitter.
Om die Naam van die Here te heilig beteken dus om die Here te prys vir Sy almag, sy wysheid, sy goedheid, sy geregtigheid. Ons kan dit doen deur tot Hom te bid, daaroor te praat , daaroor te sing tot verheerliking van Sy Naam. Neem nou maar net die Here se almag, om te bid dat die Naam van die Here geheilig word, beteken om die Here te loof vir Sy almag in Sy skeppingswerke. Om die Here te loof en prys vir die natuur. Om dit ook aan ander oor te vertel. Neem Sy geregtigheid, om die Here se Naam te heilig beteken om die Here te prys vir Sy regverdigheid teenoor almal , veral dan ook dat Hy opkom vir diegene wat swaarkry, vir die wat verontreg word. Neem nou Sy barmartigheid, om die Here se Naam te heilig beteken om Sy barmartigheid te herken in Sy werke en dit oor te vertel. Dink aan die Here se genade deur Jesus ons Here,
Om die Naam van die Here te heilig is om daaroor te praat, daarvan te getuig tot verheerliking van Sy Naam. Want daardeur word die Here erken vir wie Hy is, word Hy daarvoor geeër.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid