Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Kerntekse:
Vers 10 “Ek doen ‘n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eengesind te wees. . . “
Vers 13: “is Christus dan in stukke verdeel?”
Vers 17: “ Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig . . .”
Vers 18: Die boodskap van die kruis. . .”
Vers 29: “Voor God het geen mens dus iets om oor te roem nie”
Bedink die volgende biddend:
Hoe belangrik was die doop vir Paulus?
Hoe sou Paulus oordeel indien ‘n gemeente geskeur word deur mense wat ‘n ander doop verlang?
Hoe sou Paulus iemand antwoord wat die volgende verkondig: Indien jy nie (reg) gedoop is nie, kan jy nie gered word nie?
Hoe sou Paulus reageer indien iemand in die kerk homself/haarself sou verhef bokant ‘n ander met die idée”dat ek my met die regte doop laat doop het en jy nie”
GEBED:
Bid dat Christus se kerk die struikelblokke wat eenheid in die weg staan, sal verwyder.
Bid veral vir die leiers(die skrifgeleerders en voorgangers) in ons kerke.
Bid dat mense wat worstel met die vraag na die sekerheid van hulle saligheid daardie sekerheid sal vind – in niks anders nie as in die boodskap van die kruis.
GESANG 190:
“In genade, groot en ryk bou U, Heer, u koninkryk. Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra. Ek kon vind: U’t my gekry voor ek nog my skuld bely”
Seestrome: Maart 2004
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid