Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Jesaja 1
In die Ou Testament tree profete(waarvan Jesaja een was) op in tye van geestelike verval in die lewe van God se volk. Hierdie profete moes die volk weer terugroep na God, die volk op hulle sondes en ongeregtighede wys, en opnuut die weg uitstippel waarop die volk van God hulle godsdiens tot eer van God moes beoefen.
Wat merkwaardig is, is die feit dat God dit nodig geag het om profete te roep en te stuur in tye waarin die volk op die oog af van godsdiens ‘n groot saak gemaak het. Die ironie is, hoe juis in godsdienstige tye die grootste geestelike verval by die volk plaasgevind het.
Jesaja dra die gweldige boodskap van oordeel: die volk moet onder andere hoor dat God “moeg is” vir hulle godsdienstigheid en dat dit vir Hom ‘n “las” is (vers 14); dat hulle offergawes vir God “nutteloos” is (vers 13); dat God na hulle wat sy voorhowe vertrap en die altare oorlaai met vetgemaakte voerbeeste, as ‘n “Gommorasvolk” verwys, en dat Jerusalem met ‘n “ontroue slet” vergelyk word.
Vers 17 is ‘n kernvers in die hoofstuk – lees dit en bedink dit biddend. . . en prober die vraag beantwoord: “Wat behoort die uitstaande kenmerk van ware godsdiens te wees?” (Lees hierdie woorde saam met Jesus se woorde in die Matteus-evangelie: hoosfstuk 15:1 tot 9; hoofstuk 23 en hoofstuk 25:31 tot 46).
Gegewe die konteks – die wêreld of samelewing waarin ons vandag leef en geroep word om God te dien – watter boodskap is daar vir ons?
Seestome : Sept 2004
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid