Vir my is die lewe Christus en die sterwe win...
Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Teks: Mat 12:46-49, Ef 2 :19
Toe ek met die oog op vanoggend se diens die twee gedeeltes gelees het wat ook ons skrifgedeeltes is, het dit my net opnuut weer getref hoe die Bybelskrywers die kerk vergelyk met ‘n soort familie. Kom ons lees dit weer, die woorde oor wie is my moeder en wie is my broers. “Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: Daar is my moeder en my broers. . . elkeen wat die wil doen van my Vader, die is my broer en my suster en my moeder” ,en ook die gedeelte in Ef 2:19 waar die volgende geskrywe staan : “ Julle is dus nie meer ver van God nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God”.
Dalk nog belangriker as hierdie direkte verwysings is ‘n hele klomp aanvullende Bybelse gegewens wat dit ook ondersteun hoe belangrik dit is dat so oor die kerk gedink sal word as ‘n soort familie. In hierdie verband dink aan Jesus se getuienis in verband met die Vaderskap van God. Ook aan die verstaan van Christen wees as kindskap, en die verstaan van die verlossing as die aanneem tot kinders, ook die feit dat die eerste Christelike gemeentes hulle feitlik sonder uitsondering as huiskerke gorganiseer het. Dit het my getref, maar meer nog toe ek ook weer besef hoekom dit so belangrik is, want daar is natuurlik ‘n baie goeie rede daarvoor. . .
Want deur so oor die kerk te praat as familie, besef ‘n mens net dat die Bybel juis wil beklemtoon wat se besonderse band daar is tussen gelowiges, eintlik ‘n band wat so besonders is dat die gedeelde geloof ‘n band meebring wat dieper en hegter is as enige ander band wat tussen mense bestaan. Dit is dieper as selfs natuurlike bloedbande, vriende bande asook volksbande. Trouens die band wat ‘n mens met Christus en die kerk het relativeer alle ander bande waarin ons staan en stel dit eintlik sekondêr. Hoekom sou dit so wees? Hoe kom dit dat die band van die gelowiges dieper is is as enige ander band wat ‘n mens met mense kan hê? Hoe kan dit ander bande eintlik sekondêr stel? Want hierdie band is nie ‘n natuurlike saak soos die band tussen vriende of familie of volksgenote nie. Nee, hierdie band of verhouding ontspring nie soos iemand dit gestel het van die geboorte nie, maar kom van die wedergeboorte. In hierdie verband lees ‘n mens in 1 Petrus oor hierdie band “Julle is immers weergebore, nie uit verganglike saad nie, maar uit onverganglike saad: die lewende en die ewige woord van God”. Dit is dus nie ons geboorte saad wat ons met mekaar verbind nie, maar die wedergeboortesaad. Die kerk is ‘n teken van die ewigheid, van die groot wedergeboorte van die ganse skepping. Daarvan lees ons in Mat 19:28, van alles wat nuutgemaak word, die kerk is ‘n stukkie van die hemel op die aarde. In hierdie verband lees ‘n mens van die broederliefde in 2 Petrus 1:7 en hoe die liefde tussen gelowiges eintlik belangriker is as naasteliefde, en juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. Hiermee sou die apostel Paulus ook saamstem .In Gal 6:10 vermaan hy die gelowiges om aan almal goed te doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Veral aan ons medegelowiges. Die broeder of die suster in die geloof is nader aan jou as jou naaste.
En deur te beklemtoon wat se besonderse band daar tussen gelowiges is, juis met die gebruikmaking van die beeld van die familie, juis deur te praat van die kerk as die huisgesin van God wil die Bybel beklemtoon dat ons mekaar sal liefhê, mekaar sal aanvaar, ten spyte van die verskille . Dat ons sal uitstyg bokant ons verskille. Dink net in hierdie verband aan die woorde van die apostel Paulus in Ef 4:3 “Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe”. Iemand sê van die kerk ’n mens kan nog jou vriende kies , maar nie jou familie nie. Dit is so waar, om mekaar te aanvaar. . . Dink ook aan tekste in die Bybel wat hierdie aanvaarding van mekaar beklemtoon. Rom 15:7 “Aanvaar mekaar dan. . .” In hierdie verband is daar natuurlik ‘n sekere vreemdheid aan die kerk. Dat mense van verskillende agtergronde, verskillende tale en kulture mekaar sal aanvaar. Dit is tog vreemd aan die wêreld, maar die kerk mag nie hierdie vreemdheid inboet nie. As die kerk hierdie vreemdheid inbloet, hef ‘n mens eintlik die kerk op. Die kerk as die teken van die nuwe lewe. Daarmee word nie bedoel dat natuurlike lewensbande noodwendig nie goed is nie, natuurlik is die huwelik goed, die gewone familie belangrik, die kultuur belangrik, die eie taal belangrik, maar die kerk is nou eenmaal die teken van die nuwe lewe en in daardie opsig bring dit ‘n band wat baie dieper sny as enige ander verhouding. Dit gaan dit te bowe. . .
Die vraag is of ons dit nog mooi hoor as die Bybel so oor die kerk praat en dat ons daarom mekaar met hierdie liefde aanvaar. Maar juis om ons daarvan ook bewus te maak en ons aan te moedig daarmee, kom ons uit vanoggend uit die verskillende streke bymekaar, ook die VGK, om juis te hoor en aangemoedig te word om mekaar lief te hê en mekaar volkome te aanvaar. Daarom ook die pogings in die kerk om die eenheid te bevorder. Daarom die pogings om as kerke in die dorp saam te werk. Om nooit genoeg daarvan te maak nie. Juis ook as getuienis van die nuwe lewe wat deur Christus verwerf is.
Mag vanoggend se diens ons opnuut daarvan bewus maak sodat ons ook so oor die kerk sal dink. . . en eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, sal handhaaf.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MorePaulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .
Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie
Luther het gesê meegevoel met Jesus is kinderagtigheid. Nee, het hy gesê die regte emosie is geloofsekerheid