Pearly Beach vier Kerkgebou se 10de Bestaansjaar

Pearly Beach vier Kerkgebou se 10de Bestaansjaar

NG Kerk Gansbaai

Sondag  23 Junie 2013 het Pearly Beach se lidmate die inwyding van hul kerkgebou in Junie 2003 gevier. Die viering het ook die aanbouing van die nuutgeboude stoep ingesluit. Ds. Dirk van Dyk het tydens die verjaardagvieringe die gelukwense namens die hele NG gemeente van Gansbaai oorge-dra. “Ek sien die 10-jarige bestaan en die kerkgebou in  Pearly Beach as deel van God se Genade,” het ds. Van Dyk gesê.

Ds. Stoney Steenkamp het die diens waargeneem en sy boodskap was:  Dra die vrugte van die Gees, want ‘n boom word aan sy vrugte geken. Die dra van goeie vrugte is ‘n teken van ‘n nuwe lewe wat met vreugde in Christus gevul is. Die NG gemeentekoor onder leiding van Aletta Lochner en Annelene Reinke as orrelis het opgetree.

Na die diens is daar gesellig saamgekuier.

Ouderling Petrus du Preez het die nuusbrokkies deurgegee:  Pearly Beachers het op 21-12-2013 ‘n tafel op die Pearly Beach-meent, waar worsrolle verkoop sal word. Vrydag 13-12-2013 tree die gospel sanger, Piet Smit, in die N G Kerk in Gansbaai op ter stywing van Pearly Beach se stoepfonds. Kaartjies is te kry by die kerkkantoor of OK Foods of skakel Petrus 082-564 5259 of Ida 082-410 7161. Verversings sal in die klein saaltjie te koop wees asook CD’s van Piet Smit.

Nuwe kerkraadslede is Wessel en Anna Fourie en Sandra van Wyk en hulle is op 10-11-2013 deur ds. Hennie Basson, emeritus van Pearly Beach, voorgestel. Daar is gedurende die Desember vakansie elke Sondag ‘n erediens in Pearly Beach. Ds Hennie sal ook die diens op 8-12-2013 waarneem, die 15de en 22ste ds. Johan Smith van Moreletta Park. Die 2  Kersdagdienste word gelei om 8.00 en 9.30 deur ds. Stef Esterhuizen, emeritus van Bellville. Die 29ste weer Ds Hennie en die middernagdiens op 31ste Ds Stef Esterhuizen.

Ons sien uit na ‘n baie geseënde feesgety.

Voorspoed vir 2014 namens die Pearly Beach-streekskerkraad.

Pearly Beach vier Kerkgebou se 10de Bestaansjaar

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai