Ons Vroue : Instrumente in God se Hand

Ons Vroue : Instrumente in God se Hand

NG Kerk Gansbaai

Beide die diens van barmhartigheid en die Vrydag-woekermark het groepe aktiewe vrouelidmate wat sonder ophef en menige kere sonder erkenning onbaatsugtige koninkrykswerk verrig. Twee vroue wat op hul stil manier ook diep spore in die gemeente en gemeenskap trap, is Bertha Brits, finansiële toesighouer by Vrydag se woekermark en Maryna Rossouw, diensgroepleier van die diens van barmhartigheid. Ons het met dié dames oor hul betrokkenheid by en verwagtinge van die onderskeie aksies gesels.

Vrydag-woekermarkprojek - Bertha Brits vertel

Bertha, hoe onthou jy die ontstaan van die Vrydag-woekermark?
Die idee van die woekermark is ge-bore uit ‘n behoefte wat op verskeie vlakke geïdentifiseer is vir die in-sameling van fondse in die gemeen-te en samelewing. Francia van Dyk, wyle Letta Groenewald en ekself was van die begin af by die projek betrokke. Ons gesprekke het daaroor gegaan dat dit ’n manier is wat die kerk het om ekstra fondse te genereer, in plaas van om daarvoor te kollekteer. Hoekom begin ons nie maar dit waaroor ons alreeds so baie gepraat het nie, is gevra - ‘n woekermark! En ons behou die teetafel en die pannekoektafel vir die kerk se fondse en verhuur tafels aan lidmate wat ‘n ietsie ekstra vir hul eie sakke wil verdien. Ons is met dié konsep na die kerkraad en daarna is ‘n vergadering belê met verteenwoordigers van die verskillende streke. Dit is baie positief ontvang en almal het hul samewerking beloof.

Wat is vir jou grootste vreugde na die 6 jaar se bestaan van die mark?
Dat ek nog kan voortgaan om my Skepper op so ‘n manier te kan dien en dat Hy nog daagliks die krag daar-voor aan my voorsien.

Wat glo jy is die toekoms vir die woekermark?
Ek sal nie graag wil sien dat dit doodloop nie. Dit is ‘n uitdaging om die jonger bloed in die gemeente betrokkete kry, want tot nog toe is hulle nie baie geïnteresseerd nie. Ek hoop ons sal nog vorentoe kan staatmaak op die lieflike samewerking wat tans onder die vrouelidmate bestaan en dat hulle ook die krag en bereidwilligheid van ons Hemelse Vader sal ontvang.

‘n Persoonlike boodskap?
‘n Baie groot dankie uit die hart aan al die wonderlike vroue-lidmate van die NGKGansbaai wat hierdie projek dra, en moenie die manslidmate vergeet nie - hulle raak al groter sterre! Ons vroue waardeer dit. Dankie aan ons Hemelse Vader vir al sy seën oor al die jare.

Diens van Barmhartigheid  - Maryna Rossouw

Maryna, diens van barmhartigheid was nog altyd jou passie.  Hoekom?
Ek was nog al die jare by die kerk se aktiwiteite betrokke, eers by sending, later jeug, ens. In my jeugjare het ek armoede gesien en dit self eerstehands beleef. Toe die vrouediens ingestel is, moes ons almal as lidmate by een van die diensgroepe inskakel. Dis ‘n jammerte dit het verval. Die meeste van ons Kleinbaaiers het by diens van barmhartigheid ingeskakel omdat die twee koördineerders, Aneen en Agnes,Kleinbaaiers was. Toe hulle ophou, het hulle my omgepraat om oor te neem.

♦  Hoekom is jy na al die jare nog so vol ywer?

As jy besef jy het genoeg en ander het nie, nieteenstaande hul omstandighede of hul eie toedoen, en telkens spreek die Woord van God met jou dat jy “altyd in diens van die Koning is.”

♦  Hoe kon jy nog altyd volhou, alhoewel die helpers al ‘n paar jaar lank baie min was?
Die Here het nog altyd gewilliges gestuur met hulle gawes wat hulle tot beskikking van Hom kom stel het, al was dit soms min, maar Hy het nog altyd sy werk in stand gehou. En ek glo Hy sal nog meer en jonger hande stuur, want hierdie werk van Hom mag nooit tot stilstand kom nie.

♦  Waaruit het jy die meeste bevrediging geput?

Wanneer ons een maal per kwartaal kos uitdeel en die verskillende reaksies beleef.  Een sal my vir ewig bybly. Die tannie het oor die onderdeur gehang, want sy kon feitlik nie meer loop nieVorige kere het sy altyd so mooi dankie gesê en wou altyd vertel hoe sy in haar jonger lewe ook betrokkke was by die barmhartigheidswerk van die kerk. Dié keer het sy egter in ‘n baie swakker toestand gesê dat “ek so dankbaar is dat die kerk my nie vergeet het nie.”

Wat is jou groot ideaal vir die diens van barmhartigheid in Gansbaai en die NGK?
Dat daar altyd genoeg gewillige hande sal wees en iemand wat bereid is om leiding te neem. Die Here soek nie bekwame mense nie, die bekwaamheid voorsien Hy soos nodig, net gewilligheid om Hom te dien met die gawes wat Hy aan jou toevertrou het.  Die leier is tog net so goed soos die wat hom/haar help. Daarom is elkeen se bydrae, hoe nietig ook al, belangrik.

♦  Wat is die lekkerste deel van al jou bedrywighede?
Die Tee vir Alleenlopendes!  Die emosionele versorging van ons lidmate is net so belangrik soos die geestelike en liggaamlike versorging.  Eensaamheid is ‘n emosionele armoede, want alles wat jy doen, doen jy alleen, daar is niemand om dit met jou te deel nie

 ♦  Wat is jou persoonlike boodskap aan ons mede-vrouelidmate:
Kom en  stel jouself diensbaar vir sy koninkrykswerk.  Jy sal nie spyt wees nie. Niks is meer vervullend nie!

Ons Vroue : Instrumente in God se Hand

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai