Die Krag, Omgee en Saamwerk van die NG Gemeentevroue

Die Krag, Omgee en Saamwerk van die NG Gemeentevroue

NG Kerk Gansbaai

Die stille krag van die vroue van die gemeente vanaf Gansbaai se beginjare tot vandag.

Die vroue van Gansbaai het sedert die beginjare van die NG gemeente ’n prominente rol in die werksaamhede van die kerk en die gemeenskap gespeel. Vroue was en is nog altyd betrokke in alle aspekte van die werksaamhede van die kerk. Hulle is raakvatters as dit by fondsinsamelings kom.

In Seestrome Desember 2004 vertel Pannie Swart van die vrou se rol in die gemeenskap: “Lank voor die tyd het die kerkraadslede se vroue begin kompeteer om geld in te samel vir die bouwerk. Weekliks is daar met groot entoesiasme en goeie resultate stoep- en straatverkopings gehou. Met die bou van die saal onthou sy dat dit waarlik ’n gemeenskaplike taak onder leiding van ds. Pretorius was . . . ”

Ons het met Dalene Swart gesels oor die beginjare van die vrouediens. Dalene het deur die jare ’n prominente rol in die vrouediens gespeel. In 1983 verander die destydse VroueSendingbond na die NG Vrouediens – dit was ’n sinodale besluit.
Elmarie Bosman was die eerste voorsitter van die Gansbaai vrouediens van 1983 tot 1990.
Blanché Havenga neem waar as voorsitter totdat Karen van As as jonggetroude leraarsvrou by haar in 1990 oorneem.

Wat was jou rol in die vrouediens?
Gedurende die jare 90 dien ek vir 10 jaar in die vrouediens bestuur as sekretaresse, ondervoorsitter en vir ’n klein rukkie as waarnemende voorsitter tot die koms van Beadrie Vermeulen.Gedurende die tydperk 1990 tot 1997 begin ek saam met Karen van As en Reinette de Villiers die gemeenteblad Seestrome, asook die vroue Bybelstudiegroepe in Gansbaai.

Wat het die meeste aan jou hart geraak?
Vir my was die vrouediens ’n wonderlike leerskool. Ons het werklik betrokke geraak by mekaar en in ons verskillende wyke. Daar was ’n wonderlike gevoel van samehorigheid en samewerking in ons vrouediens bestuur. As ek vandag terugdink, weet ek dat die tydperk altyd vir my sal uitstaan as een van die hoogtepunte in my lewe.

Die vrouediens van vandag.
Die huidige voorsitter is Elcine Hulme, ondervoorsitter, Fransil Kotze en sekretaresse Hettie Oosthuizen. Die  bestuur word saamgestel uit verteenwoordigers uit al 6 die streke en dan ook van sommige bedieninge. In samewerking met ons diakens en hulpwerkers probeer ons elke vrou op hoogte hou van wat gebeur, elkeen uitnooi om iewers betrokke te wees en om ons ook te help met dienswerk en bydraes.

Die vrouediens is betrokke op verskeie terreine in die gemeente. Hul hooffokuspunt is die vrou en die kind. Baie aksies vind plaas in samewerking met ander bedieninge, soos diens van barmhartigheid, sending en straatwerk, ensovoorts. Die vrouediens is betrokke by verskeie projekte in en buite die gemeente en is daarop ingestel om waar behoeftes/ knelpunte  in die gemeente en gemeenskap ontstaan, God se liefde, genade en barmhartigheid uit te dra.

Ons vroue die stille krag:  Dit is die ongelooflike vroue in die gemeente wat instrumente in die hande van ons Hemelse Vader is en wat wonderwerke laat gebeur.

Die Krag, Omgee en Saamwerk van die NG Gemeentevroue

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai