Vrouediens 2013: Jaarafsluiting

Vrouediens 2013: Jaarafsluiting

NG Kerk Gansbaai

Die vrouediens se afsluittingsfunksie is vanjaar op Dinsdag 29 Oktober gehou. Die tema was : Die geloofsirkel.
‘n Pragtige versierde saal het die dames begroet. Vier aspekte van die geloofsirkel is in die hoeke van die saal uitgebeeld, naamlik: Vleeswording, Lyding, Opstanding en Pinkster.
‘n “Labirint”, verlig met kersies is met stoele van stasie tot sta-sie gepak sodat die dames by hul aankoms rustig deur die saal kon beweeg.
Dr. Liesel Joubert het die opening waargeneem. Sy het uit Pre-diker 3 voorgelees. Sy het daarop gewys dat elke ding sy be-paalde tyd het, ook in die Christelike kerkjaar. Dié jaar begin en eindig met Advent. In elke mens se lewe gebeur elke ding ook op ‘n bepaalde tyd.
Vier dames het elk hul ervaring en belewenis van ‘n aspek van die geloofsirkel met die dames gedeel.
♦ Fransil Kotze: Vleeswording. Elke vrou identifiseer daarmee. Babas en moederskap loop hand aan hand. Ons as vroue ken die afwagting van moederskap. Ons bely dat Jesus mens geword het. Alles wat ons beleef, het Jesus beleef en meer . . . Ons kiesom Jesus raak te sien in die alledaagse; sy menswording be-teken dat niks ooit weer alledaags kan wees nie, net heilig.

♦ Susan van Heerden: Lyding. Jesus wou op aarde slegs die Vader se wil doen. Sy vra die vraag: Hoe ly ek vir Jesus? Deur vir Hom te getuig .
♦ Marina van Dyk: Opstanding. Dit is ‘n jubeling, dit is lewe. Die dood is oorwin. Ons moet bewus raak op Wie ons hoop.
♦ Luna Auret: Pinkster. Dit is die bekragtiging van die kerk. Sy verwys ook na Hand 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,  . . .”  en 1 Tess. 5:23 “ Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle on-berispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!”
Dit was ‘n aand wat almal tot diep nadenke gestem het. Ons kan net weer almal saam bid: “ Leer my u wil, Heer, u doel met my - U Pottebakker, met my, die klei.”
Soos gebruiklik is die aand afgesluit met heerlike tee, koffie en verversings wat deur die Franskraal-dames voorgesit is

Vrouediens 2013: Jaarafsluiting

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai