Om Sondaars te Verlos

Om Sondaars te Verlos

NG Kerk Gansbaai

Met die oog op Kersfees dink ek aan die woorde van Paulus aan Timoteus in 1 Timoteus . . . : “Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos - van hulle is ek die grootste.”

Met Kersfees dink ons aan die koms van Jesus, die Vleeswording van God, die geboorte van God se eniggebore Seun.

In die geloofsgemeenskap vier ons die evangelie van God se genade vir sondaars met ons Kersvieringe.

Dit is merkwaardig dat die apostel Paulus na homself verwys as die “grootste sondaar”. Vir hom, vir haar, wat soortgelyk oor homself, oor haarself dink, is Kerfees inderdaad ‘n fees met diepe betekenis: “Ek was verlore, maar is gevind; nou hetek vrede - ek is Gods kind.” (Lied 514)

Iemand skryf die volgende oor die wedergeboorte: “Die wedergeboorte is die vrug van die werk van die Heilige Gees in iemand se lewe. Die Gees soek mense op, maak met mense bemoeienis, en oortuig mense tot geloof in Christus. Die eerste beginsel van die wedergeboorte is dat iemand oortuig word van hoe groot sy sonde en sy ellende is.

Ek ontdek dat ek dood is in my sondigheid en my ellende is. Ek ontdek dat ek dood is in my sondigheid en sonde.
Maar dan, juis op daardie punt - waar ek in volslae wanhoop wil val - oortuig die Gees my ook van God se (genoeg!) genade vir die (grootste!) sondaar, deur vir my in ontmoeting te bring met die ge-kruisigde Jesus . . .”       
Die persoon skryf voorts: “Geloof in Jesus Christus is ten diepste die bakgemaakte hande waarmee iemand God se genade ontvang  - genade wat God met die hande van die Gekruisigde uitdeel”.  

Die Kind van Kersfees is die Vervloekte van Goeie Vrydag. Krip en kruis kan in die christelike geloofsgemeenskap nie van mekaar losgedink word nie. Met ons Kerfeesvieringe staan ons ook by die kruis. Ons weet hoe duur daar betaal is vir ons verlossing.

“Aanskou die Heiland, sien die kruis -
die Hemelvors, verag, verguis.
Vir my het Hy Hom daar laat hang.
Hy leef, Hy sterf - in my belang.
Vir al my skuld het Hy betaal;
vir my in helle-angs gedaal.
Sy kruis, Sy liefde, onbegrens,
ontsluit in my ‘n nuwe mens.”
Geboorte. Lewe. Geseënde Kersfees.                              

Om Sondaars te Verlos

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai