Simeon en Anna en Baba Jesus
Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Na vele vergaderings kon ons uiteindelik begin met die oprigting van die gedenkmuur tussen die kerk en die kerksaal.
Dit bestaan uit ‘n ringmuur met ‘n hek om dit veilig te maak vir enige besoeker. In die middel neem dit die vorm van ‘n kruis aan wat simbolies die Christendom uitbeeld. Elke nis sal twee persone se as kan akkommodeer.
Daar word ook beoog om ‘n tuin rondom die muur te ontwikkel. Die binnekant en die ingang is so ontwerp dat dit rolstoel vriendelik sal wees. ‘n Sleutel sal aan elke persoon wat ‘n nis bespreek verskaf word. Daar sal ook ‘n sleutel by die kerkkantoor beskikbaar wees vir ‘n verbygaande besoeker wat graag daar besoek wil aflê.
Die volle ontwikkeling sal in 3 fases geskied en sal voltooi word soos die belangstelling daar is. Die belangstelling is op die oomblik geweldig en ons moedig lidmate wat belangstel om by die kerkkantoor navrae te doen om ‘n nis te bekom.
Alle steentjies sal uit swart marmer bestaan met silwer letters en syfers daarop. Elke nis kos R1600 (R800 per persoon). Ongelukkig sal geen ander kleur stene of koperplate toegelaat word nie. Die rede is om eenvormigheid te kry en ook om die diefstal van die koper of brassplate te voorkom.
Volgens Jannie Botha het die idee ontstaan na verskeie besoeke aan begrafplase wat verwaarloos is.
Grafstene is afgebreek en selfs die lood wat vroeër vir die inskripsies gebruik is, is afgesteel. Marmerpotte is gebreek en grafstene is stukkend geslaan. Onkruid word nooit afgehaal of doodgespuit nie en op plekke groei bome op die grafte.
Ons dank God vir Sy genade dat ons nou ‘n rustige en veilige rusplek vir geliefdes kan oprig.
-Gansbaai Courant. 14 Febr 2013
(Nog foto's by foto album)
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMaria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder
In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.
Lank, lank gelede, voor daar nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.
In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.
Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer.