Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

NG Kerk Gansbaai

Gedurende 1991 is daar in Pearly Beach met eredienste om 11:00 op elke derde Sondag van die maand begin, wat mettertyd na twee dienste op die eerste en laaste Sondag van die maand uitgebrei het. Vanaf 1994 hou die Pearly Beachers ook kerkbasaar. Kerkdienste, basaars, vroue-diensaksies, ens, is in ‘n “huur”-saaltjie gehou.  Die behoefte aan ‘n eie kerkgebou het al sterker by Pearly Beach-lidmate geword.

In 2001, in ‘n Bybel-studie- en gebeds-groepbyeenkoms, word die lidmate gemotiveer en pak hulle die projek as ‘n geloofsdaad aan. (Bybelstudie-teksgedeelte was 1 Kronieke 29: 20, 21 en die opdrag waarop hulle reageer het was veral koning Dawid se gebed en die bou van die tempel.

Saterdag 14/6/2003 toe die kerk(saal) ingewy is, is alle lof en eer aan God gebring. Die inwyding was ’n trotse geleentheid.Tannie Annasie de Kock, toe die oudste lidmaat in Pearly Beach, het die voordeur plegtig oopgesluit. Verhale is vertel deur gemeentelede uit al die Gansbaai-streke, gereelde besoekers envakansie-”lidmate”, wat almal bygedra het en instrumenteel was in die oprig van die pragtige kerkgebou. Die akoestiek is goed en die eerste gemeentesang was ‘n ervaring!   Ds. Willie Kotze het ’n interessante oorsig gegee oor hoe die uitdra van die evangelie op Pearly Beach begin en ontwikkel het. Hy het genoem dat die eerste setlaars wat in ongeveer 1675 hier verbygetrek het, saans om hul kampvuur huisgodsdiens gehou het en later het die boere van die omgewing onder die melk-houtbome uitgekamp en in die aande saam aanbid en gesing.

Sondag 15/6/2003 was die klimaks van die inwydingsnaweek toe die saal stampvol met meer as 200 kerkgangers was en waartydens die eerste  nagmaal bedien is, met ’n gemeente-ete daarna. Almal was dit eens dat dit onverdiende genade van God was wat dit alles moontlik gemaak het.

In die afgelope tien jaar het die Pearly Beach-kerkie ’n trotse baken en middelpunt van hul gemeenteaktiwiteite geword.   Jaarliks hou Pearly Beach kerkbasaar op die Saterdag van Paasnaweek en dit is verstommend wat die relatief klein gemeenskap met sy vier wyke alles vermag.

Die Pearly Beach-vrouediens bestaan uit vrouelidmate wat slegs bewonder kan word vir dit wat hulle doen en reeds bereik het, want hulle is die spreekwoordelike “gom” wat heg en die kerk en God se koninkryk verkondig.

Die kerkdienste word ook deur persone van ander kerke bygewoon en ondersteun. Veral die Engelse deel van die gemeenskap is reeds sedert die 1990’s baie deelnemend.

Sondag 23 Junie 2013 het Pearly Beach se lidmate gesellig saamverkeer om die inwyding van hul kerksaal 10 jaar gelede op 14 Junie 2003, direk na die oggendiens te vier. Die viering sluit ook die inwyding van hul nuut-aangeboude stoep in.

Gebed: Mag God hierdie gemeenskap en dié kerkgebou van hulle ryklik seën tot sy eer en uitbreiding van sy koninkryk.

(Foto: Kerkraad in 2000)

Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai