B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

Gansbaai Courant

 “Leerders van die Baardskeerdersbos-omgewing het vir baie jare op eie stoom by Laerskool Gansbaai en later ook Gansbaai Academia uitgekom met behulp van ‘n bus wat deur die ouers self aangekoop en bedryf is,” vertel Laerskool Gansbaai se skoolhoof, mnr Eben van der Merwe. Hy sê Laerskool Gansbaai het, op aandrang van hul Beheerliggaam, in 2015 aansoek gedoen vir 'n Departementele kontrak om die Baardskeerdersbos-leerders te vervoer en hierdie aansoek is met ingang van 2016 goedgekeur.

Volgens me Lea Harmse, die voormalige bestuurder van die skoolbus, het die Baardskeerdersbosgemeenskap besluit om die skoolbus aan Laerskool Gansbaai te skenk, aangesien die skool destyds ‘n donasie gegee het as hulp met die aankoop van die bus. Op die foto oorhandig me Harmse die skoolbus aan mnr Van der Merwe.

“Baie dankie aan die Baardskeerdersbos-gemeenskap vir die skenking van die skoolbus aan Laerskool Gansbaai, wat in die toekoms deur die skool bedryf sal word,” het mnr Van der Merwe gesê. “Tans het nie een van ons personeellede ‘n kode 10-lisensie nie en ons doen ‘n beroep op enige ouer/vriend van Laerskool Gansbaai om ons asseblief te help met die bestuur van die bus (teen vergoeding) na en van sportfunksies soos benodig.”

Belangstellendes kan Laerskool Gansbaai by 028-384-0000 kontak, of stuur ‘n e-pos aan lsg@lantic.net.  

Hardus Botha

B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant