Water vir Gholfbaan

Water vir Gholfbaan

Gansbaai Courant

Gansbaai Gholfklub spog nou met splinternuwe besproeiingstelsels op die skoonvelde en setperke van al nege putjies op die baan. Dit is moontlik gemaak met fondse deur die klub self, asook ‘n bydrae deur die Munisipaliteit Overstrand. Ongeveer vyf (5) jaar gelede het die Gholfklub die munisipaliteit genader om die klub te hulp te snel met noodsaaklike instandhouding van die baan (veral gedurende die somerseisoen - Oktober tot Maart elke jaar). Veral die skoonvelde het geweldig skade opgedoen wanneer die gras gedurende voormelde tydperk jaarliks tot niet gebrand is en van droogte gevrek het. Die aanvanklike versoek dat die munisipaliteit befondsing bewillig vir die aanlê van besproeiing, sowel as die ontginning van nuwe waterbronne, was egter onsuksesvol.

Die aanlê van ‘n pypnetwerk om gesuiwerde rioolwater vir besproeiing te gebruik, was onbekostigbaar en die bron was boonop onvoldoende. Die wykskomitee van Wyke 1 en 2 het daarin kon slaag om vir die 2013/14 finansiële jaar hul gewig in te gooi en op hul aanbeveling het die raad van die Munisipaliteit Overstrand ‘n bedrag van R300,000 in die begroting voorsien om die behoefte van die Gholfklub te bevredig.

Die munisipaliteit het in samewerking met die bestuur van die Gholfklub besluit om die fondse aan te wend vir die ontginning en toerusting van ‘n addisionele boorgat (die bestaande een was totaal oorontgin en het die risiko geloop om te verbrak). Deskundiges van die munisipaliteit het die projek beplan en deur middel van ‘n openbare tenderproses is die boorgat gesink met die hoop dat die R300,000 investering nie waardeloos sal wees nie. Gedurende ‘n uiters spanningsvolle twee dae is daar met geloof, hoop en afwagting deelgeneem aan die boorproses en groot was die vreugde en dankbaarheid toe die eerste tekens van water op ±60m opgemerk is. Uiteindelik is die boorgat tot op ±100m diep gesink en ‘n hulspyp is teen hoë koste installeer om te verhoed dat die gat toeval en om te verhoed dat die gat in onbruik raak (soos die geval met ‘n vorige boorgat waar die pomptoerusting losgegaan en in die gat beland het). Die nuwe boorgat is sterk genoeg om tesame met die ander boorgat voldoende water vir sorgvuldige besproeiing van al die setperke, bowwe en skoonvelde te lewer. Addisionele opgaarfasiliteite is ook geskep deur ‘n opgaartenk wat destyds by die watersuiweringswerke van die munisipaliteit in onbruik geraak het, sinvol oor te plaas. Die gholfklub het gedurende die afgelope vakansieseisoen ongelooflik baie komplimente ontvang van hul lede (talle van hulle van oorsee afkomstig), asook besoekers met die gehalte waarin die baan tans verkeer.

Al die rolspelers betrokke by hierdie projek is dit eens dat hierdie gesamentlike poging van die Munisipaliteit Overstrand en die Gansbaai Gholfklub kan getuig van die waarde van gesonde verhoudinge en goeie samewerking en dat dit beslis as ‘n wenresep beskou behoort te word. In die proses is daar daarin geslaag om die vertoonvenster wat Gansbaai vir sportliefhebbers, vakansiegangers en toeriste bied, aansienlik op te gradeer tot ‘n sierraad waarmee min ander dorpe kan spog. Welgedaan.

Francois Myburgh

Water vir Gholfbaan

Francois Myburgh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant