Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

Gansbaai Courant

Die jaarlikse LitNum toekennings, waar skole erkenning kry vir hul goeie prestasies in Wiskunde en Tale in Graad 3, 6 en 9 het op Vrydag, 11 Maart, in Caledon plaasgevind.  LitNum-toetse word jaarliks in September/Oktober deur ‘n onafhanklike paneel van buite by alle skole in die Wes-Kaap afgeneem.  Dit is gestandaardiseerde toetse waarby geen onderwyser enige insae het nie.

Die streek waarin Laerskool Gansbaai kompeteer, sluit skole in van Swellendam, Villiersdorp, Grabouw, Kleinmond, die hele Walkerbaai tot by die Suidpunt, sowel as Bredasdorp-skole.  Dit is ‘n groep van ongeveer 90 laerskole.

Laerskool Gansbaai se Graad 3’s het weer eens skoonskip gemaak in Tale sowel as Wiskunde en het vir beide afdelings eerste plekke behaal.  Die Graad 6-groep van 2015 moes egter vir die eerste keer in 3 jaar tevrede wees met ‘n 2de plek in Wiskunde, nadat hulle net-net geklop is deur Laerskool Kleinmond.

Dit is die 3de agtereenvolgende jaar dat Laerskool Gansbaai hierdie prestasies behaal! Vir hierdie volgehoue prestasies die afgelope drie jaar, het Laerskool Gansbaai weggestap met eersteplek trofeë vir Volgehoue Beste prestasies in Wiskunde en Tale in Graad 3, asook Volgehoue Beste prestasie vir Wiskunde Graad 6 vir die afgelope 3 jaar.   ‘n Totaal dus van 6 trofeë vir ’n Eerste plek en 1 trofee vir ’n Tweede plek. 

Laerskool Gansbaai is BAIE trots op hulle leerders wat hul kant gebring het in 2015 met hierdie puik prestasie.

Graad 3

Wiskunde (LSG) 100%
Tale (LSG) 92%
Wiskunde (Streek) 58%
Tale (Streek) 42%

 Graad 6

Wiskunde (LSG) 88%
Tale (LSG) 63%
Wiskunde (Streek) 38%
Tale (Streek) 37% 

Annette Wessels

Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant