Pretstap tbv Kleine Gansies

Pretstap tbv Kleine Gansies

Gansbaai Courant

 “De Kleine Gansies Kleuterskool is vanjaar 30 jaar oud, met 54 kleuters, 3 onderwysers en 3 assistente,” vertel JP Coetzer, voorsitter van die Beheerraad. “Dan behartig ons ook die Nasorgsentrum by Laerskool Gansbaai.”

Fondse vir die effektiewe bedryf van die kleuterskool, asook ten opsigte van onderhoudswerk aan die gebou en speeltoerusting, bly maar altyd broodnodig. “Daarom bied ons gereeld fondsinsamelingsprojekte aan, maar wat terselfdertyd deur die gemeenskap geniet kan word.”

Vanjaar word 2015 se suksesvolle pretstap weer aangebied, en wel op Saterdag, 7 Mei 2016. “Vanjaar se ‘Julle Maak Vir Gansbaai Lekker Fun Walk’ ten bate van De Kleine Gansies word weer deur Health and Active Gansbaai (Pty) Ltd (Gym bokant Pep Stores) aangebied,” vertel Ilze Le Roux. “Inskrywingsvorms is by die Gym beskikbaar, asook by De Kleine Gansies, maar laatslapers kan ook die oggend van die Fun Walk om 08:00 inskryf.”

Die verrigtinge begin om 09:00. Deelnemers begin die pretstap by die Gym en stap in Hoofstraat tot by Frankenstraat, waar links gedraai word. Dan verby Blue Goose, waar ‘n waterpunt is, en dan verder tot by Kusweg. Vandaar word daar kuslangs verby die seeswembad gestap, waar ‘n 2de waterpunt is. Dan is die eindpunt, Stanfordsbaai volgende. Daar kan diegene wat aan die pretstap deelgeneem het, ook aan ‘n paar boeresportitems deelneem. Dit is nie verpligtend nie, maar deelnemers sal wel in die trekking geplaas word vir die "groot" pryse tydens die geluktrekkings. Dieselfde roete word weer terug gevolg tot by die gym, waar al die geluktrekkings sal plaasvind. Boereworsrolle en koeldrank sal te koop aangebied word, met ‘n springkasteel vir die kinders wat nog energie oorgehou het. Inskrywingsgeld is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders onder 16 jaar.

Verdere navrae oor dié groot dag op 7 Mei kan aan Ilze Le Roux by 072-938-2820 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@healthandactive.co.za.                                                           

Hardus Botha

Pretstap tbv Kleine Gansies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant