Pik n Wyn

Pik n Wyn

Gansbaai Courant

Hierdie unieke fondsinsamelingsaand ten bate van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in die Great White House was nie net ‘n spesiale geleentheid nie, maar ook ‘n enorme suksesvolle “Fun(d)raising” geleentheid.

“Ons is dankbaar dat slegs die veiling wat gehou is R70,000+ opgelewer het,” sê Brenda du Toit, Persoonlike Assistent: Wilfred Chivell, voorsitter en stigter van Dyer Island Conservation Trust (DICT), wat vanjaar 10 jaar oud is.

Die afslaer van die suksesvolle veiling was Michael Lutzeyer van Grootbos Private Nature Reserve. ‘n Pragtige en kleurvolle verslag, A Decade of Achievement 2006-2016 is aan gaste oorhandig wat ‘n volledige terugblik oor DICT gedurende die afgelope 10 suksesvolle jare gee. Die Trust se korporatiewe borg, Volkswagen SA het ‘n groot media-span saamgebring, asook TV2 se 50/50 span, Ntokozo Mbuli, Bertus Louw en Mpho Motsoane.

Die aand is gekombineer met die deeglike talente van Sjef Shane Sauvage van La Pentola, asook die uitstekende wyne van Creation Wines.

Janet Marshall van Whale Coast FM het as seremoniemeester opgetree. Vir agtergrondmusiek is drie knap lede van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes gebruik. Verdere optredes is deur Gansbaai Primêr se Marimba Orkes gelewer, asook deur die Great White House Rainbow Choir. Wilfred het sy toespraak afgesluit met: “It was really wonderful to see the friends we have in the community who were able to support the event. The penguins do not belong to the trust or to the penguin sanctuary but to all of us and together we can better look after them. Thank you for the support.”

Hardus Botha

Pik n Wyn

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant