Mensgemaakte Strukture

Mensgemaakte Strukture

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery was weer eens gekenmerk met prag-foto’s deur die klublede, selfs foto’s van nuwe aankomelinge soos Piet en Annetjie Visagie. Mensgemaakte Strukture (Man-made Structures) was die tema, terwyl “oop”-kategorie foto’s ook vertoon is. Marc du Plessis het die aanbieding goed hanteer, terwyl hyself en Jane Bailey ook as beoordelaars opgetree het. Elke foto is in fyn besonderhede bespreek, waarna punte dan toegeken is. Die positiewe kritiek wat tydens die besprekings van foto’s gelewer word, is die ideale manier vir almal om waardevolle kennis op te doen. Die klub is oop vir enige belangstellendes, amateur- en professionele fotograwe met klein mik-en-drukke of enorme kameras!

Die webtuiste word uitstekend bygehou en kan vir inligting en die jaarprogram besoek word. Byeenkomste vind op die eerste en derde Maandag van elke maand om 18:30 te Groeneweide Kwekery plaas, met die volgende een op 23 Mei 2016 (Training: Landscapes & Seascapes).

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Verdere inligting kan op die webtuiste, www.gbpc.co.za gekry word.

Hardus Botha

Mensgemaakte Strukture

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant