Toerisme verwelkom Phumza

Toerisme verwelkom Phumza

Gansbaai Courant

Dit is Phumza Khweyiya se vriendelike glimlag wat toeriste deesdae verwelkom  agter die inligtingskantoortoonbank by Gansbaai Toerisme.

Die  26-jarige  Phumza  is vanaf 1 Julie besig met haar jaar internskap deur die munisipaliteit en vervang Ally Msweli, oor wie Gansbaai Courant verlede week berig het. 

Ally het na sy jaar internskap, sy eie besigheid “Masakhane Township Tours” begin.

Phumza, wat baie opgewonde is oor haar aanstelling, het haar skoolopleiding aan die Qhayiya Senior Secondary School in Hermanus voltooi, waarna sy in 2012 haar NCV in Veiligheid in Gemeenskap Vlakke 2,3 en 4 aan die Boland Kollege verwerf het.

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme is baie tevrede met Phumza se aanstelling en sê: “Soos in Ally se geval is die aanstelling geldig vir ‘n jaar, wat wel verleng kan word."

Phumza stel baie belang in die “Homestay”-projek, waar toeriste aan huis van plaaslike inwoners oornag. Sy hoop om eendag hierdie droom van haar te verwesenlik.

Toerisme verwelkom Phumza

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant