Gholf se Sid lê tuig neer

Gholf se Sid lê tuig neer

Gansbaai Courant

Sid van der Vyver van Gansbaai Gholfklub het gedurende sy dienstyd, bo en behalwe die daaglikse instandhouding van die baan, twee setperke eiehandig gebou, teen sowat R10 000 elk en sodoende die klub groot uitgawes gespaar.

Nou het hy, ná sewentien jaar, besluit dit is aftreetyd en het op 31 Julie sy gholftuig neergelê. 

Die komitee, spelers en vriende het Vrydagaand, 29 Julie tydens hulle maandelikse steakaand amptelik van Sid en sy eggenote, Christine afskeid geneem.

Sid het aanvanklik as kroegman by die klub gewerk, maar daarna vir die grootste gedeelte van die tyd as die persoon wat die gholfbaan met ernstige toewyding versorg het.

Ander voorbeelde van Sid se insette en besparings vir die klub, was om   al die onderhoud van die baan se toerusting self te doen en hy en sy werkers het ook die besproeiing op die gholfbaan verlede jaar geïnstalleer, wat  tot ‘n groot besparing gelei het.

 “Die klub sal ver moet soek om 'n meer lojale en toegewyde persoon te kry,” sê Gina Esterhuizen van die klub. “Dit is ook so dat oom Sid na die afloop van 'n naweek se gholf op Sondagaande 'n draai op al die velde sou ry om die baan te inspekteer, selfs terwyl sy been beseer was en tannie Christine hom moes rondry.”

Die komitee en spelers het groot waardering vir Sid se jarelange onbaatsugtige diens wat hy gelewer het en vir die setperke se uitstekende toestand - te danke aan hom.

Hulle wens Sid en Christine ‘n welverdiende rustyd toe. Gelukkig sal die klub hom nog gereeld sien, aangesien hy ingestem het om vir konsultasiewerk  beskikbaar te wees op die gholfbaan.

Die klub was ook bevoorreg om die twee DA-kandidate, rdl Riana de Coning (Wyk 1) en Andrew Komani (Wyk 1), asook hul gades tydens die gesellige steak-aand te kon verwelkom.

Gholf se Sid lê tuig neer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant