Saaldroom word waar na 10 jaar

Saaldroom word waar na 10 jaar

Gansbaai Courant

'n Tien jaar lange droom van die NG-gemeente om die Pretoriussaal te vergroot en die fasiliteite te verbeter, is tydens ‘n sooispit geleentheid op Vrydag, 4 Augustus 2016 verwesentlik.

Na voltooiing sal die nuwe gedeelte as ‘n veeldoelige saal dien wat aan alle vereistes sal voldoen, wat ook netjies by die bestaande saal sal aanpas.

Die Eiendomskommissie onder voorsitterskap van Hugo Carstens het ook veral op voldoende toiletgeriewe gefokus, asook gerieflike en praktiese bedieningsluike en selfs onderdak afleweringsgeriewe voor die bestaande kombuis. Hennie Kriel is as die bouer aangewys.

Hennie Lochner het die groep betrokkenes, waarby al drie die leraars op sy inisiatief ingesluit was, verwelkom en gesê dit is wel ‘n droom wat verwesentlik is, maar dat die projek nou aan die Hemelse Vader opgedra word vir sy seën op die bouwerk.

Ds Willie Kotze is versoek om die eerste sooi midde groot opgewondenheid te spit.

Ds Dirk van Dyk het namens die Kerkraad enkele bedankings teenoor alle betrokkens gedoen, met dr Liesel Joubert wat ‘n gebed gedoen het.

Lede van die dagbestuur, finansies, eiendomme, kerkpersoneel, Vrydagmark-dames en Kersmarkpersoneel was almal teenwoordig. Die argitek, Johan Gericke, Gansbaai Munisipaliteit se Areabestuurder, mnr Kat Myburgh en Wilna Swanevelder kon nie teenwoordig wees nie.

Na afloop van al die opgewondenheid het Aletta Löchner en Leonie Botha vir toebroodjies en warm drankies gesorg, waarna daar gesellig saamgekuier is.

Met die ter perse gaan van hierdie berig is die fondasie al gegooi en is die bouery in volle swang.

Saaldroom word waar na 10 jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant