Funky Fynbos Festival Programme

Funky Fynbos Festival Programme

Gansbaai Courant

Local is Lekker !!

Pomp op daardie fiets se wiele, trek  jou tekkies aan en kom trap saam Fees. Gee jouself oor aan 'n buitelug ervaring  met die 'Mountain Bike & Trail Run" by Flower Valley Plaas op 24 en 25 September.

Inwoners van die Gansbaai omgewing,  oud of jonk, maer of mollig, word deur die Funky Fynbos Fees uitgenooi om in te skryf. Bring  jou munisipale rekening op 23 September saam wanneer vooraf-registrasie by die Gansbaai Toerismekantoor na 14:00 plaasvind. 50% korting van die totale koste vir enige resies per persoon word aangebied. Groot kontantpryse asook gelukstrekkings kan gewen word. Die groot weggee sluit ook 'n 'Momsen Junior Fat Bike Give Away,' asook 'n prys vir volwassenes wat daar bekendgemaak sal word, in.

Indien oefening nie jou ding is nie – ontspan in die vallei met heerlike kos, yskoue bier en besigtig vele handwerkstalletjies. DJ Kim Sharklady sorg vir lekker opskop musiek. Jy kan ook jou ore uitleen aan die ligte musiek van die Gansbaai Academia se Marimba Orkes.

Vir navrae skakel ons by 083 784 6628 of besoek ons webwerf www.funkyfynbos.co.za vir meer inligting.

Funky Fynbos Festival Programme

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant