HERBERG-AAN-SEE in KOLLIG

HERBERG-AAN-SEE in KOLLIG

Gansbaai Courant

Herberg-aan-See (HaS), Gansbaai se Tehuis vir Bejaardes, is vanjaar in hul 43ste bestaansjaar.

Hoewel dit ‘n uitdaging aan die bestuur is om finansieel die mas op te kom, weet die inwoners en personeel hoe om hul swaarkry met lekker kry klaar te kry.

Die besluit om ‘n Tehuis vir Bejaardes in Gansbaai op te rig, is op 2 Oktober 1972 geneem en die gebou is in 1973 voltooi.

Ondanks moeilike finansiële omstandighede, word die tehuis soos ‘n familie tussen bestuurslede, personeel en inwoners met meelewing en liefde bedryf.

Die vroue van die Bietoubos Damesklub het verlede week ‘n uitnodiging aan John van Rooyen, bestuurder van HaS gerig om hulle toe te spreek oor die lief en leed van HaS.

Hy het die damesklub, wat uit lede bestaan vanuit  Perlemoenbaai en De Kelders, tydens hulle maandbyeenkoms, Dinsdag, 13 September 2016 in die Klein-saaltjie vertel  van (HaS) se ‘swaarkry wat hulle  met lekkerkry klaarkry’ (C.J. Langenhoven).

HaS vorm deel van die Badisa-groep wat tehuise vir senior burgers, kinderhuise  en ook maatskaplike dienste bestuur en die administrasie daarvan behartig. In totaal lewer hulle dienste aan meer as 700,000 mense in die Wes-Kaap.

John het relevante inligting verskaf om ‘n duideliker beeld te skep van wat agter die skerms by die tehuis gedoen word.

HaS het 58 inwoners , waarvan 24  in die siekeboeg; 12 in woonstelle en 22 in kamers.

“Daar is 'n geweldige lang waglys van mense wat graag hier wil kom bly - 104 vir die woonstelle en 101 vir die kamers,” het John gesê. “Finansies bly 'n reuse uitdaging met slegs 20% van die inwoners wat self die eenheidskostes kan betaal.”

John het hulle dankbaarheid teenoor vrywilligers soos die Goue Hande en andere wat nie net help met fondsinsamelings nie, maar ook met vermaak, stimulasie en versorging, beklemtoon.

“Ook die onderskeie gemeentes van die NG-, AGS- en VGK kerke help heelhartig saam met  geestelike aksies en finansies.”

Gansbaai Goue Hande stap al 21 jaar ‘n pad met die tehuis en word beskou as die nommer een steunpilaar vir HaS. Die groep verrig ‘n enorme taak ten bate van HaS op verskeie gebiede.

Elizma de Lange van die Bietoubossers sê dat hulle sterk bande met HaS smee ten einde van hulp te kan wees.

“Met Aletta Lochner aan die stuur van die Bietoubossers, is 'n pragtige tuin by die Tehuis aangelê om 'n bietjie vreugde aan die inwoners te verskaf,” het Elizma gesê.

“Tydens die komende HaS basaar (1 Oktober), sal die Bietoubossers vir die poedingtafel instaan, soos die gebruik al vir jare is, met Marie de Jager as vanjaar se organiseerder.”

Onder leiding van Aletta Lochner en begeleiding deur Chris van Zyl op sy kitaar, kon die Bietoubossers tydens hulle byeenkoms die lente op ‘n vrolike noot met samesang en gesellige saamkuier verwelkom.

Die volgende byeenkoms is Dinsdag 11 Oktober 2016 en navrae kan aan Elizma de Lange by 028-384-1963 gerig word.

HERBERG-AAN-SEE in KOLLIG

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant