Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

Gansbaai Courant

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se gewilde jaarlikse basaar is Saterdag, 1 Oktober 2016 vanaf 10:00 in die Pretoriussaal en is ‘n basaar wat nie gemis mag word nie - veral nie onder die bekwame leiding van die gedugte Goue Hande nie.

Vanjaar het Jan le Roux met ‘n bykomende idee gekom: Radiobeheervliegtuie op Laerskool Gansbaai se rugbyvelde, direk langs die Pretoriussaal. Alle belangstellendes met radiobeheervliegtuie is welkom om aan hierdie aktiwiteit deel te neem en kan voor 10:00 al opdaag. Besoekers aan die basaar sal hulself in die “manne met die duur speelgoed” se lugmanewales kan verlustig.

Voorsiening is gemaak om van te kies en te keur, ‘alles by die dosyne’: kleinkoekies, groot koeke, terte, “crispy” koeksisters, nagereg, pannekoeke, vleisgeregte,  vars  vleis  en groente, tombolatafel, naaldwerktafels, wit-olifanttafel en veel, veel meer - kom kyk eerder self. Die restaurant met heerlike etes moet ook nie vergeet word nie. Die spreekwoordelike tafel is nou, ná maande se harde arbeid, gedek en elke sent wat spandeer word, sal wees ter stywing van HaS se broodnodige fondse waarsonder die tehuis nie op ‘n gesonde vlak bedryf kan word nie.

Op die laaste nippertjie-navrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word.

‘n Belangrikke wenk: wees betyds of wees tevrede om met leë hande huiswaarts te keer - wanneer die predikant ‘amen’ sê, is sommige besoekers se drasakke al volgepak.

Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant