B’Bos erfenishuis op in vlamme

B’Bos erfenishuis op in vlamme

Gansbaai Courant

‘n Geskiedkundige erfeniswoning in Baardskeerdersbos, op die hoek van Strandveld- en Kerkstraat op pad na die Strandveld Pub & Grill restaurant, het Woensdag, 12 Oktober 2016 in vlamme opgegaan.

Truida Fourie was een van die toeskouers wat emosioneel staan en toekyk het hoe haar geboortehuis besig is om uit te brand. “Dit was ‘n hartseer oomblik om na die verterende vlamme te staan en kyk en vele herinneringe het deur my gespoel,” het sy gesê.

Die oorsaak van die brand kon nie vasgestel word nie. Die vermoede bestaan dat “Bergies”, wat vroeër deur ‘n werknemer by die winkel opgemerk is, daar oornag het nadat iemand gesien het hulle gaan daar in. Die brand het begin kort nadat hulle die volgende oggend vort is.

Truida Fourie (Groenewald) is in 1958, sowat 58 jaar gelede, in die huis gebore en het daar grootgeword. Sy sê dit is die enigste huis wat sy geken het en sy het dit vir die eerste keer ná haar troue met wyle Attie (Witbrood) Fourie verlaat. Sy en Attie het ‘n melkery bedryf, wat beteken dat sy nog al die jare in Baardskeerdersbos woon.

Truida se ouers was Pieter (oorlede 1980) en Rina (oorlede 1978) Groenewald.

Truida vertel dat haar pa in 1940 daar gebore is en dat die Groenewalds toe al daar gewoon het. Dit kan dus wees dat die huis in die laat 1800’s of vroeë 1900’s gebou is. Truida se pa het die voorste gedeelte van die huis destyds in ‘n winkel omskep en dit as die Groenewald Broers bedryf. Ná sy afsterwe het Truida se oorlede man die winkelgedeelte as ‘n kliniek beskikbaar gestel.

Haar pa het ook reeds voor haar geboorte in 1958 ‘n geboutjie langs die huis opgerig, wat nie saam met die huis gebrand het nie, wat as Baardskeerdersbos se tweede Poskantooragentskap bedryf is - kompleet met handsentrale en al - tot gedurende 1994 toe die Poswese weggedoen het met die meeste agentskappe.

Truida sê dit was al die jare ‘n pragtige huis en was gedurende 2004 nog bewoon, maar daarna het verwaarlosing begin intree.

In 2005 het sy die  geskiedkundige huis aan die huidige eienaar, Nardus Bothma verkoop. Sy bouplanne is deur die Overstrand Munisipaliteit en Erfenis Wes-Kaap goedgekeur om die huis in ‘n gallery en klein koffiewinkel te omskep, maar dit het nooit realiseer nie. Die verwaarlosing van die huis het vererger en “bosslapers” is gereeld daar opgemerk.

Carel van der Merwe, ‘n bekende in Baardskeerdersbos, vertel dat die ou pad na Napier in daardie jare voor die deur van die huis verbygeloop het en dat daardie deel destyds as die "middedorp" van Baardskeerdersbos beskou is.

Helena Swart, ook ‘n bekende van Baardskeerdersbos, het die Baardskeerdersbos Geskiedenis-dokument van die dorp beskikbaar gestel.

Erf No. 41 in die dokument bevat ‘n foto van die huis ter sprake  soos in 1938, wat toe reeds verwaarloos was en in die dokument opgeneem is. Dit het gedien as ‘n voorbeeld van die karaktervolle boustyl in die 19de en vroeë 20ste eeu en is as waardevol in die dokument beskryf.

B’Bos erfenishuis op in vlamme

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant