HaS sê dankie aan weldoeners

HaS sê dankie aan weldoeners

Gansbaai Courant

Die jaarlikse Groot Dankie-aand deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) is Woensdagaand, 19 Oktober 2016 in die Pretoriussaal aangebied.

Die hoofdoel van hierdie jaarlikse geselligheid is om die Tehuis se dankbaarheid aan die einde van die jaar aan vele donateurs, borge en vrywillige werkers oor te dra.

In sy Jaarverslag maak Wollie Jacobs, voorsitter van die Beheerraad, die volgende opmerking: “Die mees sinvolle lewensfilosofie vir my persoonlik is die ‘wet op ekwivalensie’, die beginsel wat behels dat, na die maat waarin ons ander mense hanteer, sal ons hanteer word.”

In sy bedankingsrede het HaS se Bestuurder, John van Rooyen, na die oorkoepelende rol van Badisa, waaronder HaS ook sorteer, verwys, wat tans aan meer as 700 000 mense ‘n diens lewer.

John het ook gemeld dat slegs sowat 20% van die inwoners (net tien van die veertig) die volle inwoningstarief betaal.

Die res van die inwoners moet gesubsidieer word, wat alleenlik deur middel van donasies en fondsinsamelingsprojekte moontlik is.

Die inwonersgetal is tans 57, wat soos volg saamgestel is: Gangkamers (21), Siekeboeg (19), Woonstelle (12), Buitekamers (1) en Nasorgafdeling (4).

HaS se Beheerraadslede is Wollie Jacobs (voorsitter) en Francia van Dyk (visie-voorsitter). Addisionele lede (alfabeties) is Adel Swart, Flip Geldenhuys, Henk de Milander, Hennie Lochner, Hermine Groenewald, Len Olivier, Nicolene Richards en Norman Sauls, met John van Rooyen as Bestuurder van die Tehuis.

‘n Pragtige groep vroue-inwoners het na afloop van die toesprake die aand verder opgekikker met mooi koorsang, terwyl ‘n groep personeellede op hul beurt vir ‘n komiese opvoering gesorg het. Daarna is daar gesellig saamgekuier en geëet - dit waarvoor die aand bedoel was.

HaS sê dankie aan weldoeners

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant