Marlene - uitnemende ‘juffrou’

Marlene - uitnemende ‘juffrou’

Gansbaai Courant

Marlene Koekemoer van Laerskool Gansbaai het die uitnemende prestasie behaal om in die tweede posisie te eindig vir Uitnemendheid in Laerskool Onderrig op provinsiale vlak (Wes-Kaap).

Daarvoor het sy R7 000 as ‘n geskenkbewys van “ICT Service Provider” ontvang, asook ‘n R5 000 geskenkbewys vir die skool.

Aanvanklik was Marlene ‘n genomineerde kandidaat vir die Nasionale Onderwys-toekennings vir 2016. Op 26 Augustus is sy tydens ‘n prestige funksie as wenner van die Overberg-distrik in die kategorie Uitnemendheid in Laerskool Onderrig aangewys. Daar het sy R4 000 as geskenkbewys van “ICT” ontvang, asook ‘n geskenkbewys van R6 000 vir die skool.

Die Provinsiale paneel het haar op Woensdag, 21  Augustus 2016 besoek en die onderhoud met haar het die volgende behels: ‘n Powerpoint-aanbieding van 15 minute, wat voor die onderhoud voorberei moes word; ‘n onderhoud  van 20 minute met die paneel; die paneel het haar klaskamer besoek terwyl sy ‘n les aangebied het; ‘n onderhoud is daarna met die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe gevoer; die paneel se fotograaf het in Oktober foto’s van haar kom neem waar sy in aksie voor haar klas staan.

Daarna het die Toekenningsaand op Vrydag, 4  Oktober 2016 gevolg, met die tema: “Our Teachers: Our Olympians”.

Die kandidate is deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement in Pinelands City Lodge trakteer.

Marlene sê hulle is soos VIP’s na die venue vervoer. Daar kon hulle ‘n glasie vonkelwyn saam met Debbie Schafer en Brian Schreuder geniet, waarna ‘n drie-gang maaltyd voorgesit is.

Tydens dié prestige-aand is Marlene vereer  as naaswenner  vir Uitnemendheid in Laerskool Onderrig op Provinsiale vlak, Wes-Kaapse Onderwys.

Marlene - uitnemende ‘juffrou’

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant