Ouma Lida kuier in pikkewynland

Ouma Lida kuier in pikkewynland

Gansbaai Courant

Dit is paartyd op Dyer-eiland en die bewaringspan van die African Penquin & Seabird Sanctuary het agtergekom dat die ouers nie behoorlik na hul jong pikkewynkinders omsien nie.

Sowat sestig Afrika pikkewyntjies is verlede week aan land gebring en geniet “hotelverblyf” by die bewaringsentrum.  Die Afrika pikkewyn is ‘n bedreigde spesie.

Die sentrum wat deel uitmaak van die Dyer Island Conservation Trust, is in Februarie 2015 amptelik geopen.

Dit was ‘n droom wat waar geword het vir Kleinbaai se bekende entrepreneur en bewaringslegende, Wilfred Chivell. op wie se inisiatief die sentrum ontstaan het.

Hierdie bewaringsprojek is vir Wilfred “die stem van hierdie spesie wat nie vir hulself kan praat nie”.

Die sentrum is gedurende Desember daagliks van 09:00 tot 17:00 oop vir die publiek en werklik ‘n besoek werd! 

Ouma Lida kuier in pikkewynland

Haar kleinkinders  het  vir  haar  89ste verjaardag in Mei vanjaar ‘n pikkewynhuis gekoop en na hulle ouma vernoem.  Ouma Lida van Staden het eers verlede week die geleentheid gekry om te gaan kyk waaroor die bewaringsgeskenk nou eintlik gaan toe sy in Gansbaai kom kuier het. Haar besoek aan die African Penquin & Seabird Sanctuary was vir dié wyse gryse dame baie interessant, aangesien daar ‘n hele klompie jong pikkewyntjies gearriveer het wie se ouers nie na hulle omsien op Dyer-eiland nie. 

Die moderne, ruim sentrum is beslis ‘n besoek werd.  Neem gerus u gesin en gaan leer meer oor dié belangrike bewaringsprojek.  Dit is geleë op pad vanaf Gansbaai na Kleinbaai – draai links op die Franskraalpad waar die ingang is.  Daar is op die koop toe heerlike koek en koffie te koop, vanwaar jy  die koddige, regop pikkewyne kan sit en dophou.

Ouma Lida kuier in pikkewynland

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant