Skole vuur en vlam vir 2017

Skole vuur en vlam vir 2017

Gansbaai Courant

Gansbaai en Stanford se laerskole is vuur en vlam en behoorlik gerat vir 2017.

Tydens Gansbaai Courant se besoeke aan die onderskeie laerskole, is slegs positiewe boodskappe oor 2017 se verwagtinge gehoor. Alles is gereed en in plek en klasse kon sonder enige oponthoud begin. Die skoolhoofde het ook hul opgewondenheid oor die nuwe skooljaar uitgespreek en ‘n beroep op die gemeenskappe en ouers gedoen om hulle in alle opsigte te ondersteun.

Enkele statistieke van die omgewing se laerskole is ingewin. Getalle kan nog wysig met verwysing na laat inskrywings.

Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai se skoolhoof, Eben van der Merwe, het ‘n personeelkorps van 18 onderwysers en 1 vir remediërende onderwys. Hierdie span is vanjaar verantwoordelik vir die opvoeding van 355 leerders. Die skool het vanjaar 48 leerders in graad 7, met 38 graad R leerders wat ingeskryf is. Lyndri Kotze (Gr R.2) en Jolinda Avenant (Gr R.1) is vir die nuwe outjies se opvoeding verantwoordelik. Die res van die personeel, sekretaresse en ander, bestaan uit 5 werknemers.

Gansbaai Primêr (Blompark)

Tommy Volkwyn, skoolhoof, en Neil Pedro, adjunk-hoof, en hulle span van 13 onderwysers, 1 beheerliggaam opvoeder, 2 leerondersteunende personeellede en ‘n assistent is verantwoordelik vir die opvoeding van 593 leerders, asook 14 leerders in die Bronklas. Die res van die personeelkorps bestaan uit ‘n sekretaresse en 5 ander werknemers.

Vanjaar is daar 73 graad 7 leerders wat volgende jaar hoërskool toe moet gaan.

Karen Benjamin (Gr R.2) en Helena Slammat (Gr R.1) is verantwoordelik vir die skool se 60 graad R leerders.

Masakhane Primary School

Masakhane Primary School se skoolhoof is Maxwell Mdini en sy Adjunk-hoof is MacDonald Mciteka. Hulle en hul span van 22 opvoeders is verantwoordelik vir die opvoeding van 747 leerders, waarvan 60 leerders in graad 7 is. Administratiewe- en ander werknemers is 8.

Ellen Pato (Gr R.a) en Xoliswa Hoza (Gr R.b) is vir die opvoeding van 52 nuwe graad R’e verantwoordelik.

Die Bron Primêre skool (Stanford)

Die Bron Primêre skool in Stanford, ‘n dubbel medium skool, se skoolhoof, Lionel Pedro loop oor van entoesiasme vir 2017 en het na verskeie nuwe planne met die skool verwys. Saam met sy Adjunk-hoof, Marieta Maree en 20 onderwysers is hulle verantwoordelik vir die opvoeding van 489 leerders. Die res van die personeellede, administratief en ander, is 6 werknemers. Die skool het vanjaar 46 graad 7 leerders. 

Cherine Lucas (Gr R.a), Kariewa Dreyer (Gr R.b) en Nonkosnathi (Gr R.c), asook hulle assistente Robin Dreyer en Madine Maans het vanjaar 53 graad R’e om na om te sien. Dit is ‘n meertalige skool waar voorsiening vir Afrikaans, Engels en Xhosa gemaak word.

Laerskool Okkie Smuts (Stanford)

Laerskool Okkie Smuts in Stanford het vanjaar 261 leerders - die meeste nóg. Kobus Koekemoer (skoolhoof) en sy tweede in bevel, Christien Haxton het ‘n span van 10 onderwysers en 5 ander werknemers. Die speelgroep wat vanjaar ingeskryf is, is 9 kleuters en 20 graad R leerders wat nou in die “groot” skool is.

Graad 7 leerders vir volgende jaar se hoërskoolloopbaan is vanjaar 27.

Die nuwelinge vir 2017 bestaan uit 9 kleuters in die speelgroep en 20 graad R leerders. Sue van der Berg is vir die   Afrikaanse klasse van graad RR en Gr R verantwoordelik en Belinda Taberham vir die Engelse graad RR en graad R klasse.

Die skool het ook ‘n koshuis wat vanjaar bykans vol is. Daar is plek vir 60 koshuisleerders en daar is reeds 58 wat ingeskryf is. Die koshuisvader en -moeder is Gerrie en Adanna Geldenhuys.

Skole vuur en vlam vir 2017

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant