Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

Gansbaai Courant

Gansbaai se befaamde fotograaf, Hugh-Daniel Grobler is ‘n ware aanwins vir die dorp.

Hy mag maar spog met vele groot pryse en prestige toekennings vir uitmuntende fotografie agter sy naam en waarmee hy ook al Gansbaai se naam hoog gehou het in menige tydskrifte.

‘n Paar kompetisies waar hy as wenner uitgetree het, is: Die Tamron-kompetisie, Shoot to Thrill; die tydskrif Weg se Foto van die Jaar; ‘n Camera Land kompetisie; Wild Fruit Juice se kompetisie; ZigZag Magazine en Die Burger en Cape Union Mart se natuurfotokompetisie.

Watersuiwering

Nog ‘n trotse en onlangse prestasie is ‘n prestige toekenning as “Beste Proseskontroleur Watersuiwering” wat hy saam met sy kollega, Farral Hendricks, ontvang het.

Hugh-Daniel is in Secunda, Mpumalanga Provinsie gebore, maar is reeds sedert 1990 ‘n Gansbaaier, waar hy ook sy skoolloopbaan deurloop het.

In 2007 het hy ‘n pos by Gansbaai Munisipaliteit se Watersuiweringswerke aanvaar, maar is met ingang van 1 November 2015 na Veolia Water Solutions uitgekontrakteer, wat nou sy werkgewer is.

19 Maart 2016 was egter die hoogtepunt in Hugh-Daniel se  lewe. Hy en  Johanndré de Wet, ook ‘n Gansbaaier en ook ‘n aanwins vir die dorp, is so stil-stil in die huwelik bevestig.

Dit was ‘n intieme strandtroue by Romansbaai wat deur  Pastoor Frikkie Zeelie van Gansbaai AGS-gemeente  voltrek is.  Die onthaal is by die onthaalsaal van die ewe befaamde en bekroonde Strandskloof Karavaanpark aangebied.

Johanndré se ouers is Bendie en Karen de Wet, voorheen van Gansbaai, maar hulle woon sedert November 2016 in Baardskeerdersbos.

Die egpaar het gedurende Julie 2016 ‘n huis in Gansbaai gekoop en sê hulle is nou behoorlik gevestig.

Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant