Skemerstap herinner aan volksliedjie

Skemerstap herinner aan volksliedjie

Gansbaai Courant

Aanstap Rooies – dit was in hierdie gees van die ouetydse Volksliedjie dat die jaarlikse skemerstap op die 1ste dag van Maart aangepak is.

Dit was ‘n pragtige dag en die groep van sowat 70 deelnemers kon die sonsondergang vanaf Kleinbaai se sleephelling, kuslangs tot by die Strandveld museum geniet.

Die jaarlikse stapgeleentheid is ook ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur Gansbaai Goue Hande ten bate van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes gereël word.

Terwyl die inskrywingsvorms voltooi is, is die groep met ‘n glasie vonkelwyn verwelkom.

Die stappery word jaarliks gekenmerk deur gesellige samesyn en ‘n padlangse gekuier, sodat stappers nie eers agterkom hoe ver hulle eintlik stap nie.

By die Strandveld museum is daar wel sommiges wat met ‘n gekreun en ‘n gesteun tot ruste kom en op die grasperk neerval of in gemakstoele neersak.

Dit is egter alles die moeite werd, aangesien die geleentheid afgesluit word met eet- en drinkgoed,  en as ‘n ekstra verrassing  word  paaseiers uitgedeel, waarna daar nog lank – soos wat jy net in die mooie Kaap kan doen - op die grasperk gekuier word.

Skemerstap herinner aan volksliedjie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant