Gansbaai Courant

Blog: Pieter Loubser is 2017 se Klubkampioen

Published: 16 March 2017
By:Gansbaai Courant

‘n Trotse Pieter Loubser van Gansbaai Gholfklub is as 2017 se Klubkampioen in die A-Afdeling gekroon – met ‘n bruto van 164. Tweede in hierdie afdeling is Dickie de Kock met 189.

Die klub se ewe trotse 2017 Dames Klubkampioen is Laurie Sauter in die D-Afdeling vir dames met 53. Tweede in die dames-afdeling is Gina Esterhuizen met 39.

Die B-Afdeling se gholfpresteerders is George Hunt 177, Johan Coetzee 179 en Daan Victor 180.

Die C-Afdeling, ‘n Enkel Stableford oor 27 putjies, se wenners is Pierre Lombard 57, Fanus Walters 57 en Jack Doyle  55.

Die beste net oor 36 putjies is gewen deur George Hunt met 145 net. Naaste aan die penne is gewen deur George Hunt op no’s 2 en 11, Solly Wessels op no’s 8 en 17 en Piet du Toit op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor (8), George Hunt (2) en Hugo Groenewald (17).

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Daan Victor met 41 punte, gevolg deur Bev Swart 41, Laurie Sauter 40, Sextus Neethling 36, ET Engelbrecht 36, Hugo Groenewald 35, Leon Lombard 35, Johan Pieterse 35, Johan Coetzee 34 en Neil Harrison 34. 2 Clubs were made by Toni Sauter (8), Laurie Sauter (11), Richard Bentz (11) and Daan Victor (11).  Naaste aan die penne was Daan Victor op no’s 2 en 11, Steve Muller op no’s 8 en 17 en Toni Sauter op no 15. Laurie Sauter won the Jackpot holes no’s 9, 10, and 11.

Vrydag se OK Foods 9-putjie Enkel Stableford kom-petisie is gewen deur Hennie Kriel met 23 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht 21, George Hunt 19, Solly Wes-sels 19, Leon Lombard 17 en Wally van Coller 15. Etienne Engelbrecht teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 8.

Volgende Saterdag  se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.

Liga: Volgende Saterdag speel die Ligaspan op Kleinmond teen Kleinmond. 

Die span is Daan Victor, Pieter Loubser, Johan Coetzee, George Hunt, Bev Swart en Andre Roos.

Saterdag 18 Maart is die fondsinsamelings-gholfdag vir BARC. ‘n Versoek is gerig vir die ondersteuning van hierdie belangrike saak – BARC het alle moontlike hulp nodig.

Saterdag 25 Maart is die Sanlam Kanker Uitdaagreeks borgdag.

Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...