'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

Gansbaai Courant

Nà 37 jaar in die onderwys, waarvan 28 jaar by Laerskool Gansbaai, verdien Sarah du Toit (63) sekerlik ‘n behoorlike ruskans.

Sarah het op 1 Mei 1989 by Laerskool Gansbaai as onderwyseres vir graad 2 leerders begin onderrig gee. Op 31 Mei vanjaar, 28 jaar later, het sy die tuig  neergelê.

“Van die leerders wat nou hier is, se ouers het self ook by my in die klaskamer vir onderrig gesit,” vertel Sarah.

Op Vrydag, 26 Mei 2017 het haar graad 2 leerders ‘n gesellige afskeid vir hulle juffrou gereël - met eet- en drinkgoed wat klaskamer toe gebring is. Al was dit ‘n lekker saamkuier geleentheid, was daar ook groot hartseer oor hulle juffrou wat weggaan.

Voor haar diensjare by Laerskool Gansbaai, het Sarah vanaf 1 Julie 1980 vir 9 jaar by Laerskool Okkie Smuts in Stanford, haar geboortedorp, onderrig aan graad 2 en 3 leerders gegee.

Sarah is op 21 Oktober 1955 op ‘n plaas buite Stanford gebore, waar sy ook groot geword het.

Sy was ‘n leerder aan Laerskool Okkie Smuts vanaf sub A (graad 1) tot standerd 8 (graad 10), waarna sy by Hermanus Hoërskool gematrikuleer het. Daarna is sy na die ou Onderwys Kollege in Stellenbosch vir haar onderwysdiploma.

Sarah is op 31 Maart 1984, sowat 33 jaar gelede, met Deon du Toit getroud - ook dit het in haar geboortedorp, Stanford,  plaasgevind.

Deon self is al 41 jaar in die onderwys, waarvan 6 jaar by Laerskool Okkie Smuts en 20 jaar by Laerskool Gansbaai - net mooi die omgekeerde van Sarah. Vir die afgelope 8 jaar gee hy onderrig by Gansbaai Primêr in Blompark.

Sarah se suster, Jean Hoek, ‘n dosent aan Wellington Onderwys Kollege, het op dieselfde dag as Sarah ook afgetree.

“Ons wens Sarah ‘n aangename aftrede toe en vertrou dat sy in goeie gesondheid nou sal kan doen wat sy dalk nooit voor tyd gehad het nie,” het Laerskool Gansbaai se hoof, mnr Eben van der Merwe, gesê. “Dit was vir ons ‘n plesier om haar vir 28 jaar, byna ‘n leeftyd, as deel van ons personeelkorps te kon hê.”

'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant