Gansbaai skole maak geskiedenis

Gansbaai skole maak geskiedenis

Gansbaai Courant

Donderdag, 22 Junie 2017 was ‘n geskiedkundige dag vir Gansbaai se 4 skole.

Op uitnodiging van Masakhane Primary School se waarnemende skoolhoof, mnr Tommy Volkwyn, het die skoolhoofde van Gansbaai Academia (mnr Tommy Wilson), Laerskool Gansbaai (mnr Eben van der Merwe) en Gansbaai Primêr (mnr Neil Pedro) ingewillig om saam met hulle onderwyserskorps ‘n informele besoek aan Masakhane Primary School te bring - in totaal sowat 95 onderwysers.

“Die rede waarom ek vandag se bymekaarkom van die skoolhoofde en personeel van die ander drie skole geïnisieer het, was vir ‘n besigtigingstoer deur Masakhane se nuwe skool, maar ook vir interaksie tussen die skole, wat waarskynlik ‘n eerste keer in die bestaan van Gansbaai se skole is,” het mnr Volkwyn gesê.

Die groep het spontaan by mekaar aangepas en die besoekende skole se hoofde en onderwysers was verstom oor wat hulle alles gesien het.

Na afloop van die besigtigingstoer is verversings saam geniet en kon daar gesellig tussen die 4 skoolhoofde en onderwysers saamgekuier word.

Mnr Tommy Volkwyn, skoolhoof van Gansbaai Primêr is tans waarnemende skoolhoof van Masakhane Primary School en mnr Neil Predo die waarnemende skoolhoof van Gansbaai Primêr.

Gansbaai skole maak geskiedenis

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant