Toerisme reik uit na Helpende Hand

Toerisme reik uit na Helpende Hand

Gansbaai Courant

“Ons jeug en ons toekoms” was die leuse vir Gansbaai Toerisme se skryfbehoefte- en voedselprojek waartydens Gansbaai Toerisme onlangs letterlik hande gevat het met Gansbaai Helpende Hand.

Met die hulp van plaaslike, sowel as donateurs buite Gansbaai, kon die entoesiastiese Doulene Els van Gansbaai Toerisme daarin slaag om 15 voedsel- en 30 skryfbehoeftepakkies aan dié organisasie te skenk.

Melody Scheepers het Helpende Hand by die oorhandiging  van  die pakkies op 26 Julie verteenwoordig.

“Ons dankbaarheid oor hierdie gebaar kan nie in woorde omskryf word nie,” het Melody gesê.

“Die nood in Gansbaai is hoog en nou is daar 30 minderbevoorregte kinders wat volledige skryfbehoeftepakkies gaan ontvang, asook 15 minderbevoorregte gesinne wat voedselhampers gaan ontvang.”

Gansbaai Helpende Hand ontvang geen lotto- of regeringsfondse nie en is alleenlik op skenkersgelde aangewese,” het Melody gesê.

Belangstellendes wat behulpsaam wil wees met donasies, skenkings of ondersteuning, kan Gansbaai Helpende Hand, Maretha Geldenhuys, by 082-805-3964 kontak.

Doulene se Mandeladag reëlings

Doulene Els van Gansbaai Toerisme het haarself ook op Mandeladag oortref met verskeie reëlings wat sy namens Gansbaai Toerisme geïnisieer het.

Onder ander het sy ‘n volledige BARC-dag (Birkenhead Animal Rescue Centre) gereël waar ondersteuners met honde gaan stap het en groot hoeveelhede honde- en kattekos geskenk is.

Sy het ook gereël vir die skenking van 67 bome wat onderskeidelik by verskeie voorskoolse sentrums in Gansbaai, Blompark en Masakhane deur vrywilligers geplant is.

Toerisme reik uit na Helpende Hand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant