Mad Hatters van Gansveer
MAD HATTERS VAN GANSVEER ……WAT. ’N. AAND!!!
Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!
Wat ’n fantastiese aand het ons nie by die Groot Wit Huis beleef nie!
Ons tema vir die aand was Geleende Lig, en dit het beslis nie teleurgestel nie.
Dave lees To a Dying Girl vir ons voor. ’n Kragtige gedig wat diep tref. Maar toe kom die waarheid naak na vore: alle lig is eintlik geleende lig. Die son. Die maan. Weerkaatsing. Ons het vir ’n paar sekondes in stilte gesit terwyl die gedagte insink. Sulke oomblikke kan ’n mens nie beplan nie.
Joey vat ons toe terug na waar alles begin het:
“Laat daar lig wees…”
En skielik raak die tema groter as net woorde op papier. Emotional much?
Diana se Geleende Lig sluit pragtig aan by Joey se skrywe. Haar beskrywings was diep, raak en beeldskoon. Daar was tye wat ons eenvoudig net stil gesit en luister het.
Arista erken dat die skryfwerk haar dié maand ontglip het, maar sy bring twee juwele na die tafel met haar vertelling. Bette Midler se Wind Beneath My Wings, daardie bekende herinnering dat sommige mense se invloed groot is juis omdat hulle nie in die kollig staan nie.
Daarna deel sy Lao Tsu se bekende leierskapsgedagte:
“A leader is best when people barely know that he exists…”
’n Herinnering dat die mooiste lig soms die lig is wat ander laat skyn.
Natalie vertel dat sy aanvanklik gewonder het hoe om die tema aan te pak. Haar slotgedagte was kragtig :
“My borrowed light only shines in the now. It cannot illuminate the future, for the future does not exist until the tick-tock of the clock of life. Neither can it shine in the past. My shining light cannot retrieve what lies behind me.”
En so het ons aand geëindig met lig, nadenke, goeie kos, goeie geselskap en die besef dat baie van die lig wat ons ontvang, eintlik deur ander na ons weerkaats word.
Dankie aan almal wat hul lig kom leen én deel het. Julle is amazing!!!!
Terugvoering van mede lede:
Dankie julle. Weereens 'n puik aand. Woorde het vanaand diep spore getrap, harte geraak en gedagtes laat dwaal. Baie dankie vir die geleentheid om deel daarvan te wees.
Dit was 'n baie lekker kuieraand! Dankie vir elkeen se teenwoordigheid en deelname!
What an amazing and thought-provoking evening where we approached a thought from a wide variety of perspectives and still came to the same conclusion. Thank you, my fellow scribblers
Vir die wat gewonde rhet, hier is Lao Tsu se leierskapsgedagte:
"A leader is best when people barely know that he exists,
not so good when people obey and acclaim him,
worst when they despise him. Fail to honour people,
They fail to honour you.
But of a good leader, who talks little, when his work is done, his aims fulfilled, they will all say: We did this ourselves.
Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More