Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Image

Gansveer by die Groot Wit Huis

Wat ’n genoeglike aand was dit nie!

Die argeoloë het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt, terwyl die res van ons se vraagtekens woes deur ons breine gespring het om uit te pluis wat presies die artefakte kon wees!

Die 4026 argeoloë het dit beslis nie vir ons maklik gemaak nie, maar dit was pret dit om te raai, te wonder en soms heeltemal op die verkeerde spoor te wees!

In haar afwesigheid het Charlotte se artefak ons lekker laat giggel terwyl ons probeer uitwerk het wat haar opspraakwekkende vonds was. Nice ene!!!

Marí het sommer haar eie 4026-jargon geskep en ons verras hoe woorde kon verbuig en nog steeds presies sê wat sy wou sê

Glenda het ’n kort, kragtige verslag gelewer wat sommer spontaan ’n applous ontlok het toe die werklike artefak onthul is.

Alma se artefak het ons tussen ’n inspuiting en ’n termometer laat rondtas, maar toe die antwoord uiteindelik kom, ballpoint pen! Nog ’n spontane handeklap!

Dave se glass harmonica het behoorlik kop gekrap en ’n hele paar duidende raaiskote ontlok maar ons glad nie die antwoord kon raai nie!! Moeilike een gewees!!!!

Natalie het ons op ’n volle argeologiese drama getrakteer, kompleet met Natalie, Angelique en Bertrant. Ons het amper vergeet ons probeer eintlik net uitwerk wat die artefak is!

Gideon het ons laat giggel met sy beskrywing van ’n viervoetige groen masseerdertjie. 

My eie artefak, die remote control, is aanvanklik vir ’n selfoon aangesien, maar dit het darem nie lank geneem voordat die Gansveer-argeoloog-span uitgewerk het dat ek eintlik van ’n TV-afstandbeheer praat nie!

En dit was presies die lekkerte van die uitdaging.

Niemand het geweet nie.

Ons moes bloot kyk, luister, dink, raai… en soms met groot selfvertroue heeltemal verkeerd wees!

’n Groot dankie aan almal wat deelgeneem het. Julle het van ’n klomp doodgewone 2026-voorwerpe ’n aand vol verbeelding, humor en heerlike verwarring gemaak.

Gansveer by die Groot Wit Huis, hier was vanaand die jaar 4026 se argeoloë amptelik en “wettiglik” gesertifiseer!

Die kos en kuier was uit die boonste rakke en die atmosfeer het bygedra dat die aand nog baieclank onthou sal word. 

Foto krediet: Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansveer - “In my geestesoog…”

Gansveer - “In my geestesoog…”

Wat ’n heerlike aand was dit nie by die Groot Wit Huis nie! 

A Year Later: Looking Back on an Unforgettable Evening

A Year Later: Looking Back on an Unforgettabl...

This time last year, our event that we want to cement in memories.

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!

Mad Hatters van Gansveer

Mad Hatters van Gansveer

MAD HATTERS VAN GANSVEER ……WAT. ’N. AAND!!!