Blog

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Gansveer by die Groot Wit Huis

Dit was cosy. Dit was warm. Dit was gesels en lag en ’n paar handeklap-momente! Daar was gefokus, ge-kopknik en met belangstelling geluister.

Die aand was absoluut gehul in fun, fun facts en funniness! Aan ernstigheid het dit egter geensins ontbreek nie.

Die Gansveer mense het hul penne laat werk, en die resultaat van daardie penpogings, tesame met die oorvloedige talente wat behoorlik oorloop en uitloop en volloop asook inloop, het behoorlik geskiedenis gemaak by ’n verwarmer, met wyn wat tussendeur gedrink is en tantalising disse waaraan gesmul is.

En toe het ons sommer twee referees gehad om die “presentjie” te oorhandig aan die persoon van wie daar beweer is, sonder enige bewyse, dat ek by haar “afgekyk” het. Guilty until proven innocent! Geluk Charlotte! Laat daardie tafeldoek heavies jou altyd laat dink aan gisteraand se byeenkoms

Vriendskappe is deur die loop van die aand “beëindig”, en ek het my bes probeer om nie in daardie strik te trap nie!

Miskien het ek! Niemand weet nie!!!

Dit was ’n diep-dink-aand, ’n grense-skuif-aand, ’n instemmende-aand. Amazing aand!

En toe praat ons sommer verder oor afdraendes en hoe om nie jou ledemate, en veral jou tone, te verloor wanneer gravitasie en momentum oorneem nie.

Marianne wys ons haar stunning magneet, wat op een of ander manier moet vermenigvuldig, op ’n manier wat net Marianne alleen sal weet hoe.

Charlotte vertel ons hoe sy uitgewerk het om nie in konfrontasie betrokke te raak wanneer sy in ’n “personal space battle” by ’n betaalpunt beland nie. ’n Briljante oplossing wat sy eintlik behoort te patenteer!

Natalie vertel van haar fiets ry dae, oor afdraendes an gebed wanneer jy 80km/u op 2,5cm dun wiele ‘n steil afdraende aanpak vir die eerste keer. 

Diana was distraught omdat Suzette soveel skilderye moes wegdoen in ’n bonfire, en sy por my toe om my goeie raad te gee.

Die Yoda in my klim toe uit... en ek begin agterstevoor praat om uiteindelik by my punt uit te kom. Ek dink nie dit het noodwendig gehelp nie. Maar ek het darem by die punt uitgekom glo ek.

Suzette vertel hoe sy haar sussie se geel Chopper fiets gegaps het vroeg in die oggende sodat sy ook n vinnige plesier rit kan maak. Sy vertel hoe sy “sonder enige wete hoe” beland tussen rotse, die riviertjie en n presiese driehoek gaping uitgeval het in haar voortande! Sy was lank soek en gelukkig gewaar haar Pa n gedeelte van die “gesteelde” geel fiets, anders het sy dalk nou nog daar gelê!

En dan was daar nog ’n besondere hoogtepunt van die aand: Suzette en ek het ontdek dat ons mekaar al jare ken! Ons het in die jare ’81+ saam skoolgehou. En nou, al die jare later, sit ons saam by Gansveer.

Suzette, ’n baie warm welkom by Gansveer!

Mag ons nog baie, baie meer van sulke aande beleef... waar ons lag, dink, wonder, skryf, mekaar uitdaag, mekaar verkeerd verstaan, mekaar probeer oortuig... en natuurlik, waar nodig, vriendskappe “beëindig”.

Gisteraand het ons woorde ontmoet, vriendskappe is versterk en die uitdaging is, dat niemand nooit heeltemal seker weet wat by die volgende Gansveer gaan gebeur nie.

Oktober Uitdaging

Ok liewe Gansveer skrywers, digters en woordkunstenaars.

Ons Oktober Challenge is HIER!

Dear ......….. Liewe……..

A poem for someone who matters, or not.

That's it! Just start with Dear...

• Dear Mom
• My liewe ex
• Dear person who stole my parking at Spar
• My hoogmoedige kat ( wat dink hy is n mens)
• My future self

Pick and choose ANYONE.

Someone you love, miss, admire, dislike, or someone famous you have never met.

No rules. Just write from your heart. It can be serious, funny, raw, grateful, weird or whatever you want. 

Keep it no longer than 1,5 pages.

Due date: Bring it to our next Gansveer meeting, 21 Oktober by die Groot Wit Huis.

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in G...

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Wat ’n genoeglike aand was dit nie!

Gansveer - “In my geestesoog…”

Gansveer - “In my geestesoog…”

Wat ’n heerlike aand was dit nie by die Groot Wit Huis nie! 

A Year Later: Looking Back on an Unforgettable Evening

A Year Later: Looking Back on an Unforgettabl...

This time last year, our event that we want to cement in memories.

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!