GANSVEER SE JAAREINDE-UITDAGING!
Ontwerp/skep ’n Briljante oplossing vir ’n probleem wat niemand het nie!
14 awesome siele met kreatiewe talent wat vir niks skrik nie!
Lenie en Diana laat ons skaterlag en hou ons op en wakker met hul kwinkslae. Maar weet verseker, hulle is nie familie nie.
Glenda se hartverwarmende ode aan “Cindy”, haar little Shadow met net drie bene, het ons almal gelyk laat “ahhhhwww!” roep. Daardie een het sommer pylreguit in ons harte gaan sit.
Charlotte skryf vir haar vriendin Marina. Die brief se titel is “Genuine”. Ek is seker almal het gewens sy was óók sommer hulle vriendin! N vriendin met Engel vlerke.
Alma skryf ook ’n brief aan ’n “Liewe Vriendin” en laat ons almal vir ’n wyle in doodse stilte. Diep. Diep. Baie diep. Ons vergeet amper om asem te haal, wat nog te sê om aan te beweeg na die volgende skrywer!
Dave doen ’n improv, net daar en dan, getiteld “Dear Friend of Metal and Glass”. And one can only marvel at the way he paints with his words! Hy het die gawe om ’n prentjie in jou kop te skilder sonder n kwas.
My eie skrywe is aan my “Conscience”, met die ongemaklike vraag: If our conscience can be mistaken, what do we use to test it? Johan grap en sê ja, dieselfde met ChatGPT, wie toets daai dan! Almal stem saam, want niemand check op ChatGPT nie.
Mari bom ons uit die veld met haar passievolle skrywe aan ieder en elke Cornu Aspersum! Ons wonder eers of sy nou oor aspersies skryf, totdat die liggie stadig aangaan en ons besef sy wys eintlik die vinger na tuinslakke! En sy het amper patentreg op haar oplossing vir die slakkegemors, of soos sy dit noem, Slakke-Slym: sy lok hulle met manlief se bier! En elke slak pak n pelgrimstog aan oor die mure om by die bier te kan kom. So asof die bier n “slakke sein” uitstuur in morse kode.
Marianne se skrywe laat almal hulle tafelmesse versigtig eenkant toe skuif toe sy ’n briljante vertoog rig aan “Brief aan iemand”. Ons sien dit alles voor ons geestesoog afspeel, weet sy bedoel wat sy sê en weet dit het ooit gebeur, en weet daar en dan: met hierdie vrou moet jy liewer nie sukkel nie!
Natalie skryf ’n ode aan “Dear Maid of Orleans”, oftewel Joan of Arc, die Franse heldin, gevolg deur ’n antwoordbrief aan Domi Munchausen-Lowe. Dié brief kan julle op die Gansveer-groep gaan lees. En as Natalie eers met geskiedenis, verbeelding en woorde begin speel, weet jy hier kom n ding!
En so beweeg ons van hartroerende huldeblyke, diep stiltes, “woord skilderye na tuinslakke oppad na n biertuin. Net nog ’n gewone, doodgewone Gansveer-aand!
Veertien siele, ’n tafel vol happy vibes, en genoeg kreatiwiteit om ons weer tot volgende maand aan die gesels te hou.
Dankie julle!!
Dit was amazing!!!!
Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOntwerp/skep ’n Briljante oplossing vir ’n probleem wat niemand het nie!
Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!
Dit was cosy. Dit was warm. Dit was gesels en lag en ’n paar handeklap-momente!
Wat ’n heerlike aand was dit nie by die Groot Wit Huis nie!
This time last year, our event that we want to cement in memories.