Blog

Ouerbrief - Heropening van Laerskool Gansbaai

Ouerbrief - Heropening van Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai

Ouerbrief - Heropening van Laerskool Gansbaai

Geagte ouer/voog & LSG-leerder

COVID-19: VEILIGHEIDSMAATREËLS OP DIE SKOOLTERREIN

Hierdie maatreëls is onderhewig aan verandering soos ontvang deur die Departement van Basiese Onderwys.

Elke leerder is elementêr verantwoordelik vir sy/haar eie gesondheid. Neem dus die volgende te alle tye in ag en tree bedagsaam teenoor mede-leerders op:

- Moenie aan jou oë, neus en mond raak nie.

- Dra altyd 'n masker, veral as jy met ander kommunikeer.

- Volg goeie respiratoriese higiëne: bedek jou mond en neus met jou gebuigde elmboog of sneesdoekie as jy hoes of nies en gooi dan die gebruikte sneesdoekie in 'n bak/vullisdrom met 'n deksel.

- Behou ten minste 'n afstand van 1.5 m tussen jou en ander, dit wil sê dat daar geen fisieke kontak tussen jou en enige ander persoon gedurende skoolure en/of voor en/of na skool en/of oppad van die huis na die skool of skool tot huis of enige ander bestemming vir die saak.

- Moenie in die gesig van ander praat as jy nie 'n masker dra wat jou mond bedek nie.

Bogemelde beginsels moet asseblief duidelik by u kind tuisgebring word.

Met die skool wat moontlik weer binnekort stelselmatig gaan heropen, is dit noodsaaklik dat sekere volhoubare maatreëls in plek gestel word om te verseker dat ons gemeenskap en leerders veilig bly en ons die skooljaar sonder enige verdere onderbrekings kan voltooi. Kom ons kyk weer hoe ons die COVID-19-verspreiding effektief kan bekamp:

- Bly tuis as jy siek is.

- Nies en hoes in jou elmboog.

- Was jou hande gereeld en deeglik.

- Maak oppervlakke gereeld skoon.

- Vermy enige fisiese kontak met ander mense en handhaaf ‘n afstand van 1.5 meter van enige ander persoon,

- Dra ‘n masker. Personeel en leerders sal verplig word om maskers te dra.

- Daar word van elke ouer verwag om meegaande “PACK Home”-boek van die WKOD te bestudeer en te bespreek met u kind.

- Indien enige van die voorgeskrewe maatreëls vir COVID-19 oortree word, sal u DADELIK gekontak word en sal u kind onmiddellik gehaal moet word. Sorg dus dat u die belangrikheid hiervan deeglik met u kind bespreek.

___________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Daar is verskeie maniere wat ons u kind en die personeel by die skool gaan beveilig:

- Die skool sal gereeld die was van hande met water en seep, of ‘n handontsmettingsmiddel afdwing.

- Personeel en leerders is verantwoordelik vir die gereelde ontsmetting van hulle persoonlike ruimte. Leerders se hande sal voor “screening” gesaniteer word, weer net voordat hulle hul klaskamer betree en ook elke keer as hul ‘n klaskamer verlaat of binnekom. Banke sal in rye gerangskik word sodat alle leerders in dieselfde rigting kyk. Slegs een leerder sal, sover as moontlik, per bank sit. Daar sal van leerders verwag word om soggens hul werkspasie te ontsmet en ook weer in die middae voor hul die klas verlaat.

- Leerders sal elke dag by dieselfde bank in dieselfde klas sit. Geen klaswisseling sal plaasvind nie.

- Geen oor-en-weer-lenery van enige persoonlike items of skryfbehoeftes sal geduld word nie. Leerders sal verantwoordelik wees vir die sanitering van hul eie skryfbehoeftes en hul hande soos nodig by hul werkspasie (voorsien asb u kind van sy/haar eie saniteerder vir hierdie doel).

- Daar sal geen groot byeenkomste by die skool plaasvind soos bv. saalopeninge, sportbyeenkomste, ensovoorts nie.

- Sosiale afstand sal gehandhaaf word en fisiese kontak of aanraking (handdruk of drukkies) sal nie toegelaat word nie. Leerders wat nie by hierdie reël hou nie, sal geïsoleer word, hul ouers sal gekontak word en hy/sy sal dadelik by die skool gehaal moet word.

- Die skool sal gereeld ontsmet word, met klem op hoërisiko-oppervlakke soos traprelings, deurhandvatsels, badkamers en klaskamers.

- Daar sal 'n daaglikse skoonmaakprogram met spesifieke chemikalieë wees en spesifieke prosesse sal gevolg word.

- Die skool sal vir die onderskeie grade op verskillende tye begin en sluit, onderworpe aan verandering soos ontvang vanaf die WKOD.

- ‘n 1.5 meter afstand sal sover as moontlik in klasse tussen leerders onderling sowel as personeel gehandhaaf word. Onderwysers sal nie toegelaat word om tussen leerders te beweeg nie.

- Leerders en personeel wat siek voel, MOET tuis bly. Hulle moet vir Covid-19 getoets word en ook die skool in kennis stel.

- Stigmatisering sal deur deeglike inligtingsessies bekamp word.

- Personeel en leerders sal verplig word om spesifieke maskers te dra.

- Alle personeel en leerders se temperatuur en nodige vrae soos voorgeskryf, sal soggens geneem word voor hulle na hul klasse mag gaan. Die vrae wat gestel sal word, is die volgende:

- Het jy keelseer?

- Hoes jy?

- Was jy in aanraking met ‘n persoon wat positief toets vir COVID-19?

- Is jy kort van asem?

- Temperatuur word met ‘n infrarooi “scanner” gemeet – indien hoër as 38, moet leerder huis toe gaan.

Indien leerders bogenoemde simptome reeds by die huis toon, moet die leerder tuis gehou word. Moedig leerders aan om EERLIK te antwoord op al die vrae.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Prosedures wat gevolg moet word indien iemand siek is:

- Leerders en personeel wat by die skool siek word of siek by die skool opdaag, moet so gou as moontlik huis toe gestuur word.

- Siek leerders of personeel sal in isolasie van gesonde leerders en personeel gehou word totdat hulle kan vertrek.

- Onthou dat dit nie van skole verwag word om COVID-19-gevalle te identifiseer nie.

Die meerderheid asemhalingsiektes is nie COVID-19 nie.

Daar moet oop en eerlike kommunikasie tussen die huis/gemeenskap en die skool wees:

- Siek personeel en leerders moet by die skool en die Departement van Gesondheid aangemeld word - dit is die wet. Mense wat siek word, se kontak met ander individue moet nagevolg kan word om die virus sover moontlik te bekamp. U samewerking om ons gemeenskap te beskerm is absoluut noodsaaklik.

- Dit is ouers en personeel se verantwoordelikheid om navrae so volledig moontlik te beantwoord.

- Enige nuwe inligting wat die skool ontvang, sal so spoedig moontlik aan ons gemeenskap gekommunikeer word.

- Die skool moet te alle tye in besit wees van u nuutste fisiese adres en telefoonnommers.

Gesondheids- en higiëniese opleiding:

- Opleiding sal aan alle personeel oor die skool se higiëniese program gegee word.

- Ons personeel is beskikbaar vir emosionele ondersteuning ten opsigte van vrese, angs en onsekerhede.

- Klasonderwysers sal elke oggend alle leerders bewus maak van die 5 Goue Reëls.

Maatreëls vir die voorkoming en beheer van infeksie:

Die 5 GOUE REËLS:

1. Vermy fisiese kontak met alle mense en bly tuis as jy sleg voel.

2. Behou fisiese afstand van 1.5 meter vanaf alle mense.

3. Was gereeld hande met seep en water vir 20 sekondes of saniteer met 70% alkoholgebaseerde saniteerder. Ook as jy aan enigiets of iemand geraak het.

4. Nies of hoes in jou elmboog of sneesdoekie. Gooi sneesdoekie in die drom en was weer hande onmiddellik. Moenie aan jou gesig vat nie.

5. Dra jou masker op die regte manier – jou mond en neus moet bedek wees.

Kontrolelys vir die skool:

- ‘n Skoonmaakprogram vir personeel en leerders is in plek.

- Gereelde vullisverwydering sal plaasvind.

- Die identifisering van hoërisiko-oppervlakke soos telefone, deurhandvatsels, badkamers, deurrame, elektroniese apparatuur (sleutelborde in sentrums) en meubels (tafels en stoele in klaskamers).

- Medici sê goeie ventilasie in klaskamers is belangrik. Ten spyte van die koue winter sal ons sorg dat leerders nie koud kry en siek word nie, maar ons sal ook seker maak dat ons leerders deurentyd vars lug het.

- Plakkate rakende COVID-19 en goeie higiëniese praktyke moet oral sigbaar wees.

- ‘n Ondersteuningsnetwerk vir personeel en leerders wat siek is, moet geskep word.

Ons verwys na emosionele- sowel as akademiese ondersteuning.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Kontrolelys vir die skoolgemeenskap:

- Watter mense is hoë risiko? Dit word bepaal deur:

o Waar jy werk.

o Die hoeveelheid mense met wie jy in kontak kom.

o Hoe gereeld jy reis.

o Is daar mense by wie jy bly wat reeds positief getoets is.

o Bly jy by ouer mense wat meer vatbaar is.

- Wat is die simptome?

o Verkoue- of griepsimptome, soos koors, loopneus en hoes. Braking en diarree is ook aangemeld, maar is nie beperk daartoe nie.

Skoolbywoning:

Alhoewel ons versoek dat leerders wat enigsins simptome toon by die huis moet bly, is dit noodsaaklik dat die gesonde leerders wel skool toe kom. Ons het reeds baie akademiese werk tydens die inperkingstydperk verloor. Leerders moet asseblief nie onnodig wegbly nie.

Leerders wat siek is en dus moet tuisbly, se ouers kan met die klasopvoeders reëlings tref in verband met skoolwerk.

Kontrolelys vir leerders:

- Moenie probeer om probleme, vrese of siekte alleen te hanteer nie - vra vrae en meld dit aan. Vertel vir iemand as jy siek is. Moet dit nie ‘n geheim hou nie, dit is nie ‘n skande nie.

- Beskerm jouself en aanvaar verantwoordelik vir jou eie gesondheid.

- Stel 'n voorbeeld vir ander leerders en wees 'n leier.

- Daar mag geen stigmatisering van siek leerders plaasvind nie. Dit sal soos ‘boelie’ deur die skool hanteer word.

As leerders enige voorgeskrewe COVID-19 simptome toon:

- Leerder sal nie binne die skoolgebou toegelaat word nie.

- Leerder sal na die kwartantyngebied geneem word - Kamer no 9 word hiervoor ingerig.

- Ouer sal dadelik gekontak word.

- Ouer moet leerder dadelik kom haal.

- Leerder sal tot by die skoolhek vergesel word, waar die leerder in die ouer se sorg gelaat sal word.

- Leerder mag terugkom skool toe sodra hy/sy ondersoek was deur ‘n gesondheidswerker en skriftelik aan die skool gesond verklaar is.

- Indien ‘n leerder moontlik geïnfekteer is en getoets word vir COVID-19, moet hulle in isolasie bly tot ontvangs van die uitslag.

Indien leerder deur die loop van die skooldag siek word:

- Leerders word dadelik geïsoleer: Hoofgebou se leerders gaan na kamer no 9 en boonste klaskamers se leerders gaan na kamer no 58.

- Ouers word gekontak.

- Leerder moet dadelik gehaal word.

- Res van die leerders en personeel hoef slegs in kwarantyn te gaan indien ‘n leerder positief getoets word.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Strategie van die skool met die uitbreek van COVID-19 in die skool:

- Daar sal onmiddellik kommunikasie tussen die skool en die ouerhuis wees.

- Die betrokke partye sal dadelik getoets moet word.

- Die betrokke partye sal vir 14 dae in selfkwarantyn moet gaan.

- Die betrokke partye moet dadelik ‘n volledige lys van mense met wie hy/sy in kontak was, verskaf.

- Maak kontak met die bure of gemeenskap.

- Die skool sal die noodnommers van al die relevante owerhede, hospitale en departemente beskikbaar stel.

- Die bestuur van die skool het nie die outoriteit om die skool te sluit indien daar ‘n

Covid-19 uitbreking is nie. Dit is die verantwoordelikheid van die Departement van Gesondheid.

Skool se ondersteuningsnetwerk:

- Nasionale Departement van Gesondheid (012 395 8000)

- The National Institute For Communicable Diseases (NICD) (0800 029 999)

- Gansbaai Kliniek (028 384 1917)

- Hermanus Provinsiale Hospitaal (028 312 1166)

- Hermanus Medi-Clinic (028 313 0168)

- Hermanus Daghospitaal (028 312 2722)

- Gansbaai Apteek - Mnr Cobus Claassen (082 496 4577)

- Gansbaai Polisiestasie (028 384 0201)

Volg die nodige prosedure met ‘n siek persoon in die huis:

- Help die siek persoon om die betrokke dokter se instruksies vir versorging en medisyne te volg.

- Hou die telefoonnommer van die dokter byderhand.

- Vir die meeste mense duur die simptome 'n paar dae en voel hulle na 'n week beter.

- Sorg dat die siek persoon baie vloeistowwe drink en rus.

- Oorweeg dit, indien moontlik, om die benodigde items deur 'n afleweringsdiens te laat aflewer.

- Sorg vir die persoon se troeteldier(e) en beperk die kontak tussen die siek persoon en sy/haar troeteldiere, indien moontlik.

- Wees op die uitkyk vir waarskuwingstekens:

o Skakel die dokter as die persoon steeds sieker word.

o Vir mediese noodgevalle, skakel mediese personeel.

o Mense wat COVID-19noodwaarskuwingstekens ontwikkel, moet dadelik nooddienste skakel. Noodwaarskuwingstekens sluit in:

- Probleme met asemhaling: Kort van asem of asemnood.

- Aanhoudende pyn of druk in die bors.

- Verwarring of onvermoë om wakker te word.

- Blouerige lippe of gesig.

- Kouekoors.

- Seerkeel.

- Verlies van smaak- en reukvermoë.

- Hoofpyn en lyfseer.

- LET WEL: DIT IS NIE AL DIE NOODSIMPTOME OF TEKENS NIE.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

- Beskerm jouself as jy die versorger van ‘n siek persoon is:

o COVID-19 versprei tussen mense wat in noue kontak kom (binne ongeveer 2 meter) deur druppels wat ontstaan as iemand praat, hoes of nies.

o Die versorger moet, indien moontlik, nie iemand wees wat 'n hoë risiko is vir ‘n ernstige siekte soos COVID-19 nie.

o Gebruik 'n aparte slaapkamer en badkamer. Laat die siek persoon sy of haar eie "siekekamer" of omgewing weg van ander mense hê, indien moontlik.

Laat die siek persoon, indien moontlik, ook 'n aparte badkamer gebruik.

As julle ‘n gedeelde ruimte benut, maak seker dat die kamer goeie lugvloei het. Maak die venster oop en skakel 'n waaier aan (indien moontlik) om lugsirkulasie te verhoog. Die verbetering van ventilasie help om asemhalingsdruppels uit die lug te verwyder.

Vermy onnodige besoekers, veral besoeke van mense wat 'n groter risiko vir ernstige siektes is.

o Eet in aparte kamers of areas. Die persoon wat siek is moet, indien moontlik, in sy eie kamer eet (of gevoed word).

o Was skottelgoed met handskoene en warm water. Hanteer alle eetgerei (bekers, glase, borde, messe, vurke en lepels) wat deur die siek persoon gebruik word, met handskoene. Was dit met seep en warm water, of in 'n skottelgoedwasser.

o Was jou hande deeglik nadat jy die handskoene uitgetrek of gebruikte voorwerpe hanteer het.

o Moenie deel nie: Moenie eetgerei (bekers, glase, borde, messe, vurke en lepels), handdoeke, beddegoed of elektronika met die siek persoon deel nie.

Volg die nodige prosedure wanneer ‘n persoon wat siek was, gesond geword het:

Volgens beskikbare voorlopige gegewens is die gemiddelde tydperk van die begin tot die kliniese herstel vir ligte gevalle ongeveer twee weke, terwyl ernstige gevalle drie tot ses weke duur.

Wanneer kan leerders terugkom skool toe?

- Leerders moet 14 dae by die huis bly as hulle simptome begin toon of positief getoets is.

- Na 14 dae, of as die leerder geen simptome meer toon nie, moet die leerder weer getoets word.

- Die ouers moet die klasonderwyser skakel en die negatiewe uitslag aan hulle verskaf.

- Klasonderwyser en skoolhoof sal die leerder dan weer by die skool toelaat.

Hantering van ouers by die skool:

Geen ouers sal gedurende die skooldag op die skoolterrein toegelaat word nie.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

SKOOLPRAKTYK EN COVID-19

Gesigmaskers:

Maskers moet aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se standaarde voldoen. Maskers mag geen handelsmerk of grafiese ontwerp daarop hê nie. Skerms is toelaatbaar, maar steeds met ‘n 3-laag masker ook. Geen Buffs sal toegelaat word nie – dit voldoen nie aan

Wêreldgesondheidsorganisasie se standaarde nie.

Ons wil ons ouergemeenskap vriendelik versoek om elke dag u kind se skoolklere en masker te was en skoolskoene en skooltasse te saniteer.

Persoonlike sanitasie/higiëne:

Daar sal van elke leerder verwag word om sy eie bottel handontsmettingsmiddel te hê vir eie gebruik gedurende die skooldag.

Bestuur van pouses:

Klasse sal afsonderlike breuktye onder toesig van hul klasonderwyser hê. Spesifieke areas sal aan spesifieke graadgroepe geallokeer word om te verseker dat daar genoeg spasie vir elke graadgroep is om die aanvaarbare sosiale afstand te handhaaf. Leerders mag geen speletjies speel of fisiese kontak gedurende pouse hê nie. Pouses sal slegs daar wees om te dien as etenstyd. Geen kos mag uitgeruil of gedeel word nie.

Skoolsnoepie:

Daar sal geen skoolsnoepie wees nie.

Busvervoer:

Die buskontrakteur sal die skoolhoof, of sy gedelegeerde, verwittig dat die voorgestelde prosedure gevolg sal word, bv.

- Die buskontrakteur sal moet seker maak dat busse voor die begin van die rit ontsmetword.

- Leerders sal hulle hande moet ontsmet voor hulle in die bus klim.

- Die bus sal nie met meer as ‘n 70%-kapasiteit gevul word nie.

- Daar sal aanpassings in die busroetes sowel as bustye gemaak word om te verseker dat die busse nie vol is nie. Kommunikasie in die verband sal later aan u deurgegee word.

- Die dra van maskers in die bus is verpligtend.

Hoërisikoleerders:

Hoërisikoleerders word aan die volgende kriteria gekenmerk:

- Bestaande mediese toestande, soos byvoorbeeld diabetes.

- Bestaande respiratoriese toestande, soos byvoorbeeld asma.

- Hoë bloeddruk.

- Hartsiektes.

- Kanker en ander immuniteitsverswakkende toestande.

Dit is belangrik dat sulke leerders nie in kontak kom met groepe ander leerders nie. Indien u kind aan bogenoemde kriteria voldoen, kontak asseblief die skool per e-pos: admin@laerskoolgansbaai.co.za met die nodige mediese geskiedenis, sodat ons alternatiewe reëlings kan tref om u kind steeds van kwaliteitonderrig te voorsien.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Daaglikse ontvangs by die skool:

Aangesien die skoolhek in die oggend ‘n plek kan wees waar leerders saamdrom om die skoolterrein te betree, het die skool die volgende reëlings getref om samedromming te verhoed:

- Die skoolhek sal gesluit bly vir leerders tot 08:00. Moet asb nie u kind voor daardie tyd by die skool besorg nie.

- Die skool kan geen verantwoordelikheid neem vir leerders wat voor 08:00 by die skoolhek aanmeld nie.

- Ouers sal inry/instap by die groot hek van die personeel, hul kinders agter die saal aflaai en by die hoofhek uitry.

- Daar sal merkers van 1.5 meter uitmekaar in die skoolsaal en af in die gang tot voor kamer no 9 getrek word waar leerders in ‘n ry moet aanmeld en hulle afstand tussen mekaar moet handhaaf.

- Personeel sal voor kamer no 9 gestasioneer wees om die leerders te ondervra en hulle temperatuur te monitor en te verseker dat hul toegerus is met gestandardiseerde maskers. Eers na afhandeling hiervan mag leerders die skool betree.

- Vra asseblief u kind om op ‘n rustige en ordelike manier geduldig te wag om die skoolterrein te betree.

Verloop van die skooldag:

- Geen klasruilings vir leerders sal plaasvind nie.

- Onderwysers sal ruil waar nodig.

- Geen boeke sal deur ander leerders of die onderwyser hanteer word nie.

- Leerders sal voorsien word van memorandums op die witbord en sal self verantwoordelikheid moet neem om hul werk reg na te sien en die vrymoedigheid te neem om vrae te vra as hul sukkel.

- Reëlings kan met onderwysers getref word om memorandums ook op klasgroepe (dmv neem van foto van memorandum) deur te gee.

Badkamers:

- Daar sal handsaniteerders voor elke badkamer geplaas word.

- Leerders moet hul hande saniteer voor hul die badkamer betree. Na gebruik van die toiletgeriewe moet hulle hul hande vir 20 sekondes met seep en water was en met handdoekpapier afdroog. Die handdoekpapier moet in die houer wat daarvoor voorsien word, gegooi word. Buite die badkamer moet hul hande weer gesaniteer word.

- Aantal leerders wat tegelyk in die badkamers is, sal gemonitor word.

- Badkamers sal gereeld deur die loop van die dag gesaniteer word.

- Leer u kind asb die nodige higiëne by die gebruik van ‘n badkamer.

________________________________________________________________________________

Laerskool Gansbaai ~ vir positiewe leer en gebalanseerde ontwikkeling.

Einde van die dag:

- Waar moontlik, moet ouer mense (oupas en oumas) nie die kinders kom haal nie.

- Skooltye sal deurgegee word en is onderworpe aan Departementele voorskrifte.

- Klasonderwysers sal leerders vergesel tot by die hek, met die nodige 1.5 meter afstand tussen leerders.

- Ons dring daarop aan dat ouers die nodige reëlings tref om leerders stiptelik af te haal.

- Daar sal geen nasorgfasiliteit wees nie. Leerders moet dadelik huis toe gaan.

- Sodra leerders buite die skoolhek is, is dit nie meer die skool se verantwoordelikheid nie, maar die ouer s’n om toe te sien dat fisiese kontak vermy word en 1.5 meter afstand steeds gehandhaaf word.

COVID-19-kommunikasie by die skool:

Die belangrikste manier om ons gemeenskap teen die virus te beveilig, is om te verseker dat goeie higiëniese gewoontes gevestig word. Dit sal net gebeur as ons skoolgemeenskap permanent die goeie gewoontes sien. Plakkate sal in die klaskamers en in die gange van die skool aangebring word om ons skoolgemeenskap deurentyd daaraan te herinner.

Plakkate sal onderwerpe hanteer soos:

- So was ‘n mens jou hande deeglik.

- Oppervlakke wat vermy moet word.

- Fisiese kontak word belet.

- Handhaaf ‘n veilige sosiale afstand.

- Was gereeld jou hande.

- Goeie higiëniese praktyke.

- Hoes en nies in jou elmboog.

Reis:

Onthou om dit sover moontlik te vermy om te reis. Indien u nie ‘n keuse het nie, tref asseblief al die nodige veiligheids- en voorsorgmaatreëls.

Elkeen van ons personeel, ouers en leerders het die verantwoordelikheid om ons gemeenskap te beskerm. U beskerm nie net u kind met u keuses nie, maar u beskerm ook elke ander persoon wat deel van die skoolgemeenskap is.

Baie dankie vir u sorgsame samewerking en lojaliteit aan die skoolgemeenskap.

Vriendelike groete.

B van der Merwe

SKOOLHOOF

Ouerbrief - Heropening van Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

'Laat Die Gansies Gons' by Laerskool Gansbaai!

'Laat Die Gansies Gons' by Laerskool Gansbaai...

Kom ondersteun ons talentvolle kunstenaars en geniet 'n gesellige aand uit by Laerskool Gansbaai.

Laerskool Gansbaai
Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakansie 2024

Junior en Senior Koorwerkswinkel: Wintervakan...

Die Junior en Senior Koor het die afgelope wintervakansie vir die derde agtereenvolgende jaar 'n omvangryke koorwerkswinkel gehad.

Laerskool Gansbaai
Kiana Lourens by Netbal Oefenkamp en Toernooi

Kiana Lourens by Netbal Oefenkamp en Toernooi

Kiana Lourens (0/13) het 1 - 2 Julie saam met die Overberg Distrik netbalspan ‘n oefenkamp in swellendam bygewoon.

Laerskool Gansbaai
Laerskool Gansbaai se 80s/90s Skool Disco!

Laerskool Gansbaai se 80s/90s Skool Disco!

Kom kuier saam vir 'n nostalgiese aand van pret en dans!

Laerskool Gansbaai
Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Ontvangsklerk Gesoek by Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai bied 'n opwindende geleentheid om aansoek te doen vir die vakante pos van Ontvangsklerk.

Laerskool Gansbaai
Lia du Tiot Slaag met Lof vir Gr 2 Hip Hop

Lia du Tiot Slaag met Lof vir Gr 2 Hip Hop

Baie geluk aan Lia du Tiot wat haar Gr 2 Hip Hop eksamen met 82.5% Honours gegradueer het.

Laerskool Gansbaai