Blog

NAMPO groei van krag tot krag

NAMPO groei van krag tot krag

Gans-Berg Nuus / News

NAMPO groei van krag tot krag

“Die tema vir die 2024 NAMPO Kaap te Bredasdorp Park was Landbou - die ruggraat van ekonomiese groei en het weer die geleentheid aan alle rolspelers in die landbou van die Wes-Kaap gebied om met die nuutste tegnologie en die uitdagings van landbou in die 21ste eeu kennis te maak,” het Henk Aggenbach, voorsitter: Bredasdorp Park in sy verwelkomingsboodskap gesê. 

Dit was die 5de NAMPO Kaap (11-14 September 2024) en het met die 30-jarige herdenking van die eerste Meganiserings Dag saamgeval. Dit het as ‘n klein ‘Landbouskou’ met 10 uitstallers begin, maar het met ‘n passie en entoesiasme na 516 uitstallers en 34 635 besoekers in 2023 gegroei - Nampo 2024 het met bykans 100 000 besoekers oor die 4 dae geëindig. Die produkte en dienste wat uitgestal is, was deur meer as 750 uitstallers - ‘n aansienlike groei sedert 2023. NAMPO Kaap word georganiseer en aangebied deur Bredasdorp Park NPC en Grain SA, altwee nie-winsgewende organisasies.

Voorbeelde van interesante uitstallings en aanbiedinge was onder andere: Skaaphond opleiding, -demonstrasies en -kompetisies; Blommerangskikkings (met onder andere ‘n reuse uitstalling van 693 wynbottels op mekaar gestapel); Griffins Perdeboogskut vertoning; Perde vertonings; Skaapkopete; Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie; Perde Jeugskou Kliniek. Die tema van die 2024 Neptune Fynbos uitstalling was ‘Viering van die Overberg Landskap’ en is deur die Landskapsargitek, Jan Hag, ontwerp. Daar was ook ‘n uitgebreide en interessante AFGRI Vroue-program gedurende die 4 dae ingesluit, met bekende persoonlikhede wat opgetree het soos Martelize Brink, Nadine, Matthys Roets en andere.

Baie geluk aan die organiseerders, beplanners, aanbieders en uitstallers vir vier uitstekende en interessante dae in Bredasdorp Park.

Hardus Botha

NAMPO groei van krag tot krag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Giving Back to Our Community

Giving Back to Our Community

At DK Refrigeration, Aircons & Appliances, we are incredibly grateful for the support we receive from our community. 

When the Leader Stops Looking Up

When the Leader Stops Looking Up

One of the quiet realities of entrepreneurship is that businesses often become reflections of the emotional and mental state of the people leading them.

Water-Based vs Solvent-Based Primer

Water-Based vs Solvent-Based Primer

A great paint finish starts with the right primer!

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

See All Articles