E.V.A - Ek. Vrou. Aanwesig.

E.V.A - Ek. Vrou. Aanwesig.

Pennydrop Training Solution

image left

E.V.A - Ek. Vrou. Aanwesig.

EVA is nou weduwee … die eerste een in haar vriendekring ...

Een van haar eie waardes/lewensbeskouings is nog altyd om ‘n baanbreker (trailblazer) te wees - omdat, soos wat sy ervaar het oor die jare, die gedagte aan ‘trailblazer’ wees haar nog altyd gehelp het om nie weg te deins van uitdagings nie - en dat dit haar eerder die moed gee om vorentoe te bly beweeg ten spyte van omstandighede. 

'Trailblazing' is ook ‘n konsep wat haar help om kreatief te kan wees en haar avontuurlus aan te wakker. Dit help haar in die oomblik lééf.

So ironies dat haar man verlede jaar vir hul ‘n Ford Trailblazer aangeskaf het … - asof dit ‘n vooruitbeplande geskenk van God af is deur haar man - om haar nou meer as ooit aan te moedig om steeds te ‘trail blaze.’

Min het sy geweet dat sy gaan moet ‘trailblaze’ op weduweeskap!

Sy sit nou en ‘mymer’ - en probeer vir haarself uitmaak wat nou eerste … 

En sy besluit dat sy gaan put uit die raad wat sy aangehoor het van haar ma se vriendinne toe haar ma op 50-jarige ouderdom ook weduwee geword het. 

Verder gaan sy ook die ‘walk’ van haar eie ‘talk’ as coach moet wees! 

So, vir die onmiddellike tyd:

1) Maak of neem geen groot veranderinge of besluite alvorens ‘n redelike tyd verloop het nie. 

2) Pas goeie ‘self-care’ toe - stap, slaap genoeg, eet gesond, lees, geniet die natuur.

3) Kuier met haar kinders en vriende en gaan steeds na troues en verjaarsdae toe om sodoende haar geliefdes en vriende se vriendskap en omgee te geniet, en soos ‘n kombers om haar kan toevou.

4) Vestig ‘n gesonde, gebalanseerde werksritme - moenie in ‘overdrive performance’ ingaan nie - beplan en fokus energie en tyd op dit wat die belangrikste is en die beste ‘return on investment’ gee. 

Begin daarom elke dag aan die voete van die Here om te sorg dat alles wat sy aanpak binne die ‘council’ en wil van die Here vir haar en haar kinders is.

5) Gee al haar ‘worries’ totaal aan die Here oor.

6) Voed steeds en daadwerklik haar en haar kinders se vermoë om die humor in dinge raak te sien - lag saam ook in die toekoms, 

soos in die verlede, hard en lekker en baie!

Dis dit vir die dag se mymeringe …

Groete,
Susan Bezuidenhout
Aka, E.V.A - Ek. Vrou, Aanwesig. 
Pennydrop Training Solution

E.V.A - Ek. Vrou. Aanwesig.

Pennydrop Training Solution

Pennydrop Training Solution is a Bredasdorp-based company founded by Susan Bezuidenhout, a specialist in behaviour, skills and personal development. Rooted in industrial psychology and guided by the principles of John Maxwell and Kobus Neethling, Pennydrop Training Solution designs and delivers tran...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

Certified, Registered and Ready To Get The Job Done

Certified, Registered and Ready To Get The Job Done

At DK Refrigeration, Aircons & Appliances, safety, compliance and quality workmanship matter.

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...

Gans-Berg Nuus / News
Find a Bargain at Wilkoo Marketing

Find a Bargain at Wilkoo Marketing

Keep an eye out for the Bargain Box at Wilkoo Marketing Paint Distributors!

See All Articles