Sportliefhebbers in hul noppies

Sportliefhebbers in hul noppies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant het ‘n versoek ontvang om ‘n algemene bedanking te plaas vir die sportfasiliteite wat deur Overstrand Munisipaliteit, in samewerking met ander rolspelers, daargestel is. Die rolspelers is Overstrand Munisipaliteit, Grootbos Foundation, Dept van Sport & Kultuur en ABSA.

Die reeds bekende Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde word as ‘n enorme fasiliteit vir vele sportorganisasies, skole en instansies beskou. Die rol wat mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie in hierdie verband gespeel het en steeds speel, is pertinent aan Gansbaai Courant uitgewys. “Ons het net gevoel om vir ‘n slag behoorlik dankie te sê vir die beskikbaarheid en gebruik van hierdie fantastiese fasiliteite in ons omgewing,” is onder andere gesê. Die knap Sportsentrumbestuurder, Carol Devitt, is voltyds in diens van die munisipaliteit en sy hou ‘n wakende oog oor onder andere besprekings en take soos aan haar opgelê.

Tans word die volgende sportsoorte daar beoefen: atletiek, gym, hokkie, krieket, netbal, rugby, sokker, tennis, touch rugby en wolly ball, met selfs dansgroepies wat van die fasiliteite gebruik maak. Die gerieflike klubhuis, met ‘n kombuis, word ook vir sportfunksies gebruik. Dan maak Gansbaai Academia, Gansbaai Primêr, Masakhane Primary School en die Football Foundation ook volskaals daarvan gebruik, asook instansies wat bepaalde feeste daar aanbied. “Hierdie fasiliteite kan as enorm vir ‘n plattelandse dorp soos Gansbaai beskryf word,” sê mnr Kat Myburgh. Carol sê die sportgronde word baie goed benut en sy bedank ook graag vir Paul de Villiers en Koos Engel van die munisipaliteit. “Hierdie twee manne is goud werd vir my met gereelde instandhoudingswerk wat hulle telkens addisioneel in hul eie vol werksprogramme moet inpas,” sê sy.

Mnr Myburgh het met dankbaarheid na Grootbos Foundation verwys wat steeds besig is met finansiële ondersteuning soos waartoe hulle hulself in 2005 vir die “meesterplan” verbind het. “Deur middel van hulle Football Foundation en dié se fantastiese vrywilligers met sportafrigting en vakansieprogramme vir skole, word daar in diepte aan die aanvanklike doel van die sportgronde uitvoering gegee,” sê hy. Vir navrae en/of besprekings kan Carol Devitt by 084-517-2548 gekontak word.

Hardus Botha

Sportliefhebbers in hul noppies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant