Wynkundige vestig in De Kelders

Wynkundige vestig in De Kelders

Gansbaai Courant

Altus le Roux en sy vrou, Elra het op ‘n semi-aftrede in De Kelders besluit - ná vele suksesvolle jare in die wynbedryf.

Hy is tans ‘n konsultant in die wynbedryf en is steeds by sy maatskappy betrokke. Vanaf 2008 tot 2012 was Altus die eienaar van die maatskappy, Coastal Wine Export.

Hy dien ook op ‘n paneel vir professionele wynproe vir die gehalte van wyne by verskeie wynkelders.

Altus is op 11 Oktober 1953 in Ceres gebore en het in Tulbach grootgeword.

Die egpaar besit reeds vir die afgelope 10 jaar ‘n strandhuis in De Kelders, wat nou afgebreek is en plek gemaak het vir ‘n pragtige woonhuis, waar hulle Augustus verlede jaar ingetrek het.

Betrokkenheid by gemeenskap

Altus en Elra het jare gelede al begin om Gansbaai Wynproegilde se byeenkomste by te woon en beplan om eersdaags permanent aan te sluit.

Die egpaar is ook van meet af aan by die gemeenskap betrokke. Onder andere is altwee van hulle getroue werkers tydens die NG-gemeente en Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se onderskeie basaars, met Elra wat sê sy geniet haar betrokkenheid by HaS baie.

Sy is ook steeds by Coastal Wine Export betrokke.

Pirasien Classic Gholfklub

Altus is die koördineerder van die jaarlikse Gholfdag wat vir die afgelope 10-plus jare by Gansbaai Gholfklub aangebied word. Almal in die wynbedryf met strandhuise in hierdie omgewing, vanaf direkteure tot by administratiewe personeel, neem jaarliks deel.

Die groep het selfs ‘n amptelike klubnaam: Pirasien Classic Gholfklub. In die binnekringe van die wynbedryf spreek die naam "Pirasien" glo boekdele, maar oor die diepere betekenis daarvan swyg die wat weet soos die graf!

Internasionale Wynmaker 2001

Altus se opleiding, ondervinding en vele welverdiende toekennings, strek oor die tydperk vanaf 1975 tot 2012.

Sy mees gewaardeerde en sentimentele toekenning wat hy ontvang het, was in 2001: Die Robert Mondavi Internasionale Wynmaker van die Jaar 2001 in Londen - wat as ‘n baie groot eer in die wynbedryf uitstaan.

“Hier verwys ek graag na die span wat saam met my betrokke was en al die eer kom my nie toe nie,” is die beskeie  man se opmerking.

His Majesty King Goodwill Zwelithini

Nog ‘n waardevolle sertifikaat wat teen die muur in sy keldervertrek pryk, is: “Bayede - Royal support for job creation. Royal certificate of appreciation as Honorary Winemaker of the Zulu King, His Majesty King Goodwill Zwelithini KaBhekuzulu” (7 Augustus 2013), waarby Altus steeds betrokke is.

Ondervinding

Sy ondervinding en sertifikate wat hy verwerf het, is onder andere:

Twee Jonge Gezellen (1975); Kelder Tegnologie: Elsenburg Landboukollege (1976-1978); Wynmaker: Distillers en Bottelary Kelder (1979-1984); Sertifikaat in Bestuursontwikkelingsprogram: Nagraadse Bestuurskool Universiteit van Stellenbosch (1984); Wynmaker: Boland Kelder (1984-1991); Besturende Direkteur: Boland Kelder (1991-2008); Sertifikaat in Wynbeoordeling: Prof Jool van Wyk (1999); Sertifikaat in Wynbeoordeling: Universiteit van Stellenbosch (2003);  Komiteelid van die Wyn- en Spiritusraad as tegniese komiteelid (14 jaar); Voorsitter van Paarlstreek proepaneel; Koördineerder van die Chenin Blanc Paneel vir Veritas- en die Suid-Afrikaanse Jongwynskou; Wynbeoordelaar op proepanele vir Suid-Afrikaanse Toekennings; Winemakers Choice Awards; Suid-Afrikaanse Airways Wine List Selection; Paarl Vintners Chenin Blanc and Shiraz Challenge; Ibeta Bulkwyn.

Altus het ook vir 4 jaar as voorsitter van EKOV (Elsenburg Keldertegnologie Oud-studente Vereniging) gedien.

Keldervertrek ‘n mini-museum

Met die bou van die woning in De Kelders het hy gesorg vir ‘n gerieflike keldervertrek onder die huis.

Teen die mure pryk vele toekennings oor jare heen, asook ‘n magdom van items en aandenkings met sentimentele waarde.

Die vertrek is netjies ingerig en sy persoonlike uitstalling vertoon bykans soos ‘n “museum” in die kleine wat ‘n lus vir die oog is om na te kyk. 

Wynkundige vestig in De Kelders

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant