Vreugde met oorhandiging van huise

Vreugde met oorhandiging van huise

Overstrand Municipality

Vreugde met oorhandiging van huise

Overstrand-munisipaliteit het te midde groot vreugde Vrydagoggend, 26 Augustus 2022, die eerste van 150 huise in fase 1 van die Blompark-behuisingsprojek aan begunstigdes oorhandig.

Die tweede fase sal wees vir die konstruksie van 100 huise. Bouwerk het reeds begin en sal na verwagting teen June 2023 voltooi wees. Die oorblywende eenhede en gedienste erwe sal oorstaan tot die volgende finansiële jaar en soos befondsing beskikbaar gestel word. 

Emily Fourie was die eerste van die begunstigdes om saam met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning, die rooi lint voor haar nuwe huis se voordeur te knip.

“Vandag kan ek net die Here dank vir my droom wat waar geword het. Ek is 76 jaar oud en het nog altyd by ander mense gebly. Die Hemelse Vader is baie goed vir my,” het Emily met trane in haar oë gesê

Een van die ander huiseienaars, die 70-jarige Oom Thinus (Marthinus) Engel, het gesê hy is sedert 2007 op die behuisingswaglys. Oom Thinus het vir bykans 40 jaar by Gansbaai Marine gewerk en het by sy jeugvriend, Samuel Titus, gebly. “Ek is bly dat heirdie voorreg my nie ontneem is nie. Dit is ‘n groot mylpaal vir ons gemeenskap,” het hy gesê.

Ten tyde van haar verwelkomingstoespraak het ‘n jubelende Riana de Coning, wyksraadslid vir Blompark, gesê sy en die gemeenskap van Blompark en Beverley Hills droom al sedert 2017 van hierdie dag. “Dit was ‘n lang en moeilike pad tot vandag, maar hier is ons uitendelik en ons is dankbaar. Julle geduld en samewerking is die rede dat julle vandag met ‘n glimlag in jul nuwe huise kan instap. Woon lekker en maak hierdie huise ‘n woning van liefde.”

Behuising en huiseienaarskap lê die grondslag vir ‘n sterk en vooruitstrewende gemeenskap en die waarde wat dit toevoeg om plaaslike ekonomie te stimuleleer en ontwikkeling aan die hand te werk, moet nie onderskat word nie.

In sy hoofrede het Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, die ontvangers van die titelaktes aangemoedig om verantwoordelike huiseienaars te wees wat behoorlik na hul eiendom omsien - dit sluit die versorging van jou huis, jou tuin, jou straat en jou woonbuurt in. 

“Voeg waarde toe, moenie mors met die geleentheid wat vir jou gegee is nie. Geniet jou slaapplek; jy kan vir jou families ‘n nalatenskap los. Dit is ‘n bate wat nou aan jou en jou familie behoort,” het die raadslid gesê.

Hy het begunstigdes daaraan herinner dat hulle ‘n testament moet opstel en nie hul huise mag verhuur of verkoop of as ‘n spazawinkel gebruik nie.

Ter afsluiting het Raadslid Nutt vir Aron Gcotyelwa en sy span by die departement van behuising asook Abigail Jacobs en Dennis Hendriks en hul span by Infrastruktuur en Beplanning bedank vir hul harde werk en logistieke reëlings voor en tydens die oorhandiging.

Image 1
Die 76-jarige Emily Fourie was een van die begunstigdes wat die titelakte van haar huis in Blompark ontvant het tydens ‘n seremonie wat op Vrydag, 26 Augustus 2022 in Gansbaai gehou is. Hier is sy saam met  Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste.
Image 2
Wykskomiteelid, Diane Galant, deel in die vreugde van Emily Fourie by ontvangs van die titelakte vir haar huis. By hulle staan Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning.
Image 1
Halleluja, vandag het aangebreek dat ons kan intrek. Só sê Mina van Rooy, een van die begustigdes wat die titelaktes vir hul huise in Blompark ontvang het. By haar staan Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning.
Image 2
Op Vrydag, 26 Augustus 2022, was ‘n duidelike ingenome Mina van Rooy een van die begustigdes wat die titelaktes vir hul huise in Blompark ontvang het. Sy het hierdie spesiale oomblik gedeel met haar dogters Katie Kondokter (links van haar) en Sarah Plaatjies (regs van haar) asook Raadslede Ronald Nutt, Steven Fourie en Riana de Coning, behuisingsbeplanning en projekbestuurder Abigail Jacobs en areabestuurder Kat Myburgh. 
Image 1
Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning het Vrydag 26 Augustus huise aan begunstigdes oorhandig, wat die 70-jarige Thinus Engel ingesluit het, oorhandig.
Image 2
Nuwe huiseienaar, Thinus Engel (middel) saam met jare lange vriend Samuel Titus en peetkind Darren Titus.
Image 1
Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning het Vrydag 26 Augustus hul huis se sleutel aan Willem en Gloria Compion oorhandig. Hulle gaan eers ‘n heining vir hul honde, Scruffy en Bullet, aanbou voor die groot trek begin.
Image 2
Willem en Gloria Compion was van die begunstigdes wat die titelakte vir hul huis in Blompark ontvang het tydens ‘n seremonie wat op Vrydag 26 Augutus gehou is. Hier is hulle saam met Nico Naudé (voorsitter van die social compact), Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, Wyk 11 se raadslid Steven Fourie, areabestuurder van Gansbaai, Francois Myburgh, Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning en Carlo Pieters, die gemeenskapskoordineerder (Community Liasion Officer).
Image 1
Daar was Vrydag groot vreugde toe splinternuwe huise aan inwoners van Blompark in Gansbaai oorhandig is. Hier skud Maria Coetzee blad met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste voor haar deur.
Image 2
Vrydag, 26 Augustus was daar groot opgewondenheid in Blompark toe Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, nuwe huse aan hul eienaars oorhandig het. Hier staan gemeenskapskoördineerder Carlo Pieters (links) Raadslid Nutt, Vernon Coetzee en sy dogter Maria Coetzee (nuwe huiseienaar), Wyk 14 se raadslid Riana de Coning en wykskomiteelid Diane Glant. Voor hurk wykskomiteelede Ivan Cornelius en Juan Lewis (regs).  
Vreugde met oorhandiging van huise

Overstrand Municipality

In the background, though, a top performer - Overstrand Municipality - labours relentlessly to ensure this treasure trove’s clockwork ticks over smoothly. Providing municipal services to an area exceeding 1708 km2 with a population well in excess of the estimated 74500 souls is no easy feat, as th...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Pringle Bay & Rooi Els!
Read More

Other Articles

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Original Joey's Wors

Original Joey's Wors

Get ready for your next braai with A3's Trailer Hire!

A3's Trailer Hire
Wagyu Barbecue Sausage: Try Jan Biltong's Sensational Blend!

Wagyu Barbecue Sausage: Try Jan Biltong's Sensational Blend!

Get ready for a braai like no other with Jan Biltong's sensational Wagyu barbecue sausage!

Jan Biltong's Flavourful BBQ Bratwurst Sausage

Jan Biltong's Flavourful BBQ Bratwurst Sausage

We're excited to introduce our newest sausage: Jan Biltong's juicy barbecue Bratwurst!

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Another Successful Kitchen Project Completed by PCF Kitchens!

Another Successful Kitchen Project Completed by PCF Kitchens!

We're excited to share feedback from our recent project at 304 Roella Road in Rooi Els. 

PCF Kitchens
See All Articles