Blog

Voormalige ‘Gansie’ ontluik in Sportster!

Voormalige ‘Gansie’ ontluik in Sportster!

Gans-Berg Nuus / News

Voormalige ‘Gansie’ ontluik in Sportster!

“Op skool wou Nicci nooit hê dat ons as ouers met haar moes spog nie...dis nou maar my kind daardie,” vertel Petro Prinsloo van haar en Hennie se dogter, Nicci - terwyl haar pad met uitstekende sportprestasies besaai is, soos dit die geval is met baie oud-gansies’! Maar, om nie te wil ‘spog’ nie, is deel van ‘n mooi innerlike karakter. Nicci is die dogter van twee bekende Gansbaaiers, Hennie Prinsloo (eienaar van Progress Design) en Petro (geliefde en voormalige Klinieksuster by Gansbaai Kliniek).

Die onlangse Suid-Afrikaanse Krieketkampioenskappe, waaraan die Westelike Provinsie Ope Vroue Krieketspan deelgeneem het, met Nicci as deel van die span, het vanaf 17 tot 22 Junie 2024 te Valhalla/Centurion in Gauteng Provinsie plaasgevind. Dit is die eerste keer sedert 2018 wat ‘n WP Ope Vroue-span weer ingeskryf het. Die span het vir goud of silwer teen die gedugte Vrystaatse span in die finaal te staan gekom - hulle het die goue medaljes net-net verbeur en met silwer medaljes weggestap. Die volgende aand het Nicci verneem dat sy en drie van haar spanmaats in die Suid-Afrikaanse Oefengroep vir Springbokstatus opgeneem is - ‘n uitstekende prestasie. Nicci is ‘n oud-Gansie wat haar skoolloopbaan in 1998 by Laerskool Gansbaai (LSG) begin het en sy matrikuleer in 2009 aan Hoërskool Hermanus. Daarna voltooi Nicci haar 3-diploma in BioGenetika aan die ETA/Boland Kollege in Stellenbosch.

Nicci het haarself ook in Verkope en Bemarking (2 jaar) gekwalifiseer. Reeds as ‘n Gansie by LSG was netbal vanaf Sub A ‘n passie by Nicci. In Sub B begin sy met krieket en in Std 5 (Gr 7) neem sy vir die eerste keer aan spiesgooi deel. Met netbal op skool is sy verskeie kere in die Bolandspan opgeneem, terwyl krieket op hoërskool bietjie agterweë gebly het. Daarna het Nicci haar op spiesgooi toegespits en twee keer Weskaap-kleure vir spiesgooi verwerf. Na skool speel Nicci vir 3 jaar netbal vir die Maties, asook ‘n jaar vir Trinity, Stellenbosch se dorpspan. Daarna verhuis sy na Brackenfell-Noord waar sy gaan woon en werk het. Hier is sy aan “Aksie/Binnenshuise Krieket” blootgestel, maar sy het ook vir die afgelope jaar of twee vir die Brackenfell Netbalklub netbal gespeel. “Gedurende April 2024 het die Bestuurder van die Westelike Provinsie se Vroue/Ope Binnenshuise Krieket, Candice Pieterse, Nicci geskakel en gevra of sy aan hulle proewe sal kom deelneem...die res is geskiedenis,” het Petro gesê. Soveel sportprestasies deur een mens en sy is huiwerig om te ‘spog’! “Ek bedank graag vir Gansbaaai Superspar vir hulle bydrae tot Nicci se deelname,” het Petro gesê.

Baie geluk ook vanaf die Redaksie van Gans-Berg Nuus aan Nicci en baie sterkte word haar toegewens - in die hoop dat Gansbaai se gemeenskapskoerant weer van hierdie talentvolle
sportster sal hoor - dit maak Gansbaai lekker!

Voormalige ‘Gansie’ ontluik in Sportster!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

170+ Years of Paint Experience Under One Roof

170+ Years of Paint Experience Under One Roof

At Wilkoo, we're proud to offer more than just paint. 

How to Stop Letting Anger Control Your Life

How to Stop Letting Anger Control Your Life

Imagine a life where anger no longer controls your decisions.

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg Nuus / News
Protect Your Home Before the Rainy Season

Protect Your Home Before the Rainy Season

Winter is when small problems become expensive ones.

The Hidden Cause of Anger

The Hidden Cause of Anger

What would change in your life if you stopped trying to prove your worth to everyone else?

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai